Local sportSchool sportSport

Waterkloof hou Titans se naam hoog in skoletoernooi

Hoërskool Waterkloof het na die eindstryd van die 2014 Coca-Cola T20 Skole Krieket Uitdaagtoernooi deurgedring, maar hulle het ongelukkig teen die Highveld Lions se verteenwoordiger, St Stithians, met nege paaltjies verloor in die eindstryd. Die finale wedstryde van hierdie prestige toernooi is die afgelope naweek op die krieketvelde van die Universiteit van Pretoria beslis. Terwyl …

Hoërskool Waterkloof het na die eindstryd van die 2014 Coca-Cola T20 Skole Krieket Uitdaagtoernooi deurgedring, maar hulle het ongelukkig teen die Highveld Lions se verteenwoordiger, St Stithians, met nege paaltjies verloor in die eindstryd. Die finale wedstryde van hierdie prestige toernooi is die afgelope naweek op die krieketvelde van die Universiteit van Pretoria beslis. Terwyl St Stithians daarin kon slaag om regdeur die toernooi onoorwonne te bly, het Waterkloof met al die ander provinsies se verteenwoordigers afgereken, maar kon die manne van hul buurprovinsie net nie klop nie. Waterkloof het op pad na die eindstryd met skole soos Kingswood College (Warriors), Westville High School (Dolphins), Grey College (Knights) en Wynberg High School (Cobras) afgereken. Nadat die Klofies op dag een puik begin het, het hulle in hul tweede wedstryd met 49 lopies teen St Stithians verloor. Hulle het egter daarna kopgehou en met puik krieket al die ander spanne geklop om vir die eind­stryd te kwalifiseer. Die Pretorianers het egter die prestasie behaal om tydens die naweek se aksie die hoogste telling tot dusver in die Coca-Cola T20 Skole Krieket Uitdaagtoernooi aan te teken toe hulle teen Westville High School (Dolphins) ‘n reuse 217 lopies vir die verlies van slegs een paaltjie opgestapel het. In dié wedstryd het Evan Jones van Klofies ‘n onoorwonne 114 lopies gemoker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button