Local sportSchool sportSport

Menlopark gekroon as T20 skolekampioen

Die Hoërskool Menlopark se eerste krieketspan is verlede week vir die tweede keer in die afgelope vyf jaar as die beste T20 skolespan in die land gekroon, nadat hulle die Coca-Cola T20 Skoletoernooi in Stellenbosch gewen het.

Die Hoërskool Menlopark, wat die Titans vanjaar by die Coca-Cola T20 Skoletoernooi verteenwoordig het, is verlede week as die kampioene van dié toernooi gekroon toe hulle Hilton College van Durban in die finaal met ’n skamele twee lopies geklop het.

Menlopark het eerste gekolf in die eindstryd en danksy die bydraes van Thinus Viljoen (62) en Dean Foxcroft (40) kon hulle uiteindelik 125 lopies aanteken op ’n moeilike baanblad.

Die Durbaniete het hierna ’n geditermineerde poging aangewend om Menlopark se totaal te verbeter. Hulle het boonop baie naby daaraan gekom en die wedstryd het spannend geëindig toe Hilton College in die laaste boulbeurt sewe lopies moes aanteken om te wen.

Die Pretorianers het egter daarin geslaag om die manne van Hilton tot net vyf lopies te beperk. In dié boulbeurt het Dean Focroft weer uitgeblink met puik veldwerk, wat hom die toekenning as “Held van die dag” besorg het. Hy is ook aangewys as Man van die Wedstryd in die eindstryd, terwyl hy boonop nog die Speler van die Toernooi-trofee ook verower het.

Met hierdie oorwinning het Menlopark hul tweede titel in die Coca-Cola T20 Skoletoernooi gewen, nadat hulle in die 2010/11 seisoen ook die kampioene was.

Hulle het op pad na die eindstryd boonop die gunstelinge, Grey Kollege van Bloemfontein, met ses lopies in die halfeindstryd geklop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button