Local sportSchool sportSport

Montana atleet blink uit by A-bond interhoër

Hoërskool Montana se ster-atleet het verlede week by die Jakaranda Interhoër atletiekbyeenkoms in drie verskillende items hakskene gewys vir haar gerekende opposisie.

Hoewel die Hoërskool Montana in verskeie opsigte uitgestaan het op verlede week se Jakaranda Interhoër (beter bekend as die A-bond interhoër), het ’n atleet van dié skool vir een van die beste vertonings op die byeenkoms gesorg.

Taylon Bieldt, ’n o.17 atleet en leerling van Hoërskool Montana het die dag met drie goue medaljes afgesluit, nadat sy die 100m hekkies, die 400m hekkies en die 400m naelloop in haar ouderdomsgroep gewen het.

In die 100m hekkies item het sy boonop ’n nuwe rekord opgestel toe sy dié item in 13,58 sekondes kafgedraf het.

Bieldt se prestasie het haar skool weer in die kollig geplaas, aangesien Montana die enigste openbare skool by dié top byeenkoms was wat nié uit die ooste of suide van Pretoria kom nie. Montana het boonop baie goed gevaar en in die sesde plek algeheel, slegs 45 punte agter Eldoraigne, geëindig.  Met hierdie prestasie het Montana weer bewys dat talentvolle kinders uit die noorde van Pretoria nie nodig het om na top skole in die ooste en suide van die stad te skuif om geleenthede teen die bestes op die sportveld te kry nie.

Montana sal vanjaar ook weer as ’n sogenaamde “Makro”-skool teen die bestes in die land aan wintersport deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button