Local sportSchool sportSport

Affie-meisies beleef ‘n uitstekende atletiekseisoen

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het vanjaar besonder goed gevaar in die atletiekseisoen.

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) het die afgelope atletiekseisoen behoorlik die atletiekbane aan die brand gehardloop deur verskeie prestige kompetisies te wen in die meisies afdeling.

Voor die atletiekseisoen behoorlik op dreef was het AHMP begin deur die Top 10 byeenkoms te Pilditch te wen waaraan verskeie skole deelgeneem het.

Soos die een atletiek byeenkoms na die ander plaasgevind het, het Affie-meisies stadig maar seker bykans al die byeenkomste gewen. Hulle het ook die afdeling vir meisies gewen by die A-bond atletiek byeenkoms waar al die top atletiek skole in Pretoria deelgeneem het.

Tydens die NWU se Pukke Interskole Atletiek byeenkoms het Affie-meisies Pretoria se naam hoog gehou deur as wenner vir die Pretoria streek uit die stryd te tree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button