Local sportSport

Laerskool onderwyseres ontpop as top brugspeler

’n Laerskoolonderwyseres van Centurion het die afgelope naweek in Durban vir die tweede keer haar brug vaardighede by die nasionale kongres getoets.

Adri Peens van Centurion het vir jare sosiale brug gespeel sonder om te besef dat sy dié spel kompeterend kan beoefen tot op die hoogste vlak.

Die afgelope naweek het dié onderwyseres van die Laerskool Raslouw reeds vir die tweede keer aan die Suid-Afrikaanse Brugfederasie se nasionale Brugkongres (eintlik maar die nasionale kampioenskap) in Durban deelgeneem.

“Bittermin mense weet dat brug as ’n Olimpiese sport erken word”, het Peens aan Rekord vertel. Hoewel sy deesdae ’n ernstige brugspeler is, glo sy nie dat sy reeds goed genoeg is om nasionale kleure daarin te verdien nie.

Sy vertel dat sy vir 30 jaar op sosiale vlak aan dié gewilde kaartspel deelgeneem het, maar eers verlede jaar uitgevind dat sy kwalifiseer om by die nasionale kongres te kan kompeteer. Sy en haar jarelange vriendin, Estelle Elliot, het toe in die afdeling vir pare ingeskryf en tot hul verbasing die tweede plek in hul kategorie verower.

Vanjaar was die twee vriendinne dus weer by die nasionale kongres en hulle het vooraf vas geglo dat hulle vanjaar selfs beter sou doen.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button