Bulls klop Lions en skuif terug na tweede plek op puntelys
Die Bulls het die Lions op Loftus Versfeld geklop en daarmee weer die tweede plek op die algehele punteleer in vanjaar se SuperRugby toernooi ingeneem.
Die Bulls is weer die top Suid-Afrikaanse span op die SuperRugby punteleer, nadat hulle die Lions Saterdag op Loftus Versfeld met 35-33 geklop het.
In ’n wedstryd wat vol drama, spanning en baie opwindende rugby was, het die Bulls daarin geslaag om vier drieë teen hul bure van anderkant die Jukskeirivier te druk, wat aan hulle ’n broodnodige bonuspunt besorg het.
Die wedstryd het teen ’n geweldige tempo begin en na net ’n kwartier se spel het die Bulls reeds hul eerste twee drieë gedruk, albei deur skrumskakel, Piet van Zyl.
Daarna het die Lions teruggeveg met ’n drie deur Faf de Klerk, maar JJ Engelbrecht se drie en ’n paar strafdoele deur Handré Pollard het aan die Bulls ’n rustyd voorsprong van 25-13 gegee.
Na rustyd het die Lions met mening teruggeveg en op ’n stadium het hulle selfs voorgeloop.
Toe Pierre Spies egter die bonuspunt drie druk met vyftien minute se spel oor, was die Bulls terug in die saal.
Handré Pollard se strafdoel in die 34ste minuut van die tweede helfte het die wedstryd buite die Lions se bereik geplaas.
Die Lions het vir oulaas probeer met ’n intense aanval, wat tot Jaco Kriel se drie gelei het, maar hierdie keer kon hulle nie weer die oorwinning by die Bulls steel nie, aangesien die tyd opgeraak het met die Bulls op die aanval.
Puntemakers:
BULLS: 35. Drieë: Piet van Zyl (2), JJ Engelbrecht, Pierre Spies . Doelskoppe: Handré Pollard (3). Strafdoele: Handré Pollard (3).
LIONS: 33. Drieë: Faf de Klerk, Jacques van Rooyen, Jaco Kriel. Doelskoppe: Elton Jantjies (3). Strafdoele: Elton Jantjies (4).
Spanne:
Bulls: 15. Jesse Kriel, 14. Francois Hougaard, 13. JJ Engelbrecht, 12. Jan Serfontein, 11. Bjorn Basson, 10. Handré Pollard, 9. Piet van Zyl, 8. Arno Botha, 7. Jacques du Plessis, 6. Pieter Labuschagne, 5. Victor Matfield (kaptein), 4. Flip van der Merwe, 3. Marcel van der Merwe, 2. Adriaan Strauss, 1. Trevor Nyakane.
Bank: 16. Callie Visagie, 17. Morné Mellett, 18. Andrew Beerwinkel, 19. Grant Hattingh, 20. Pierre Spies, 21. Tian Schoeman, 22. Burger Odendaal, 23. Jurgen Visser.
Lions: 15. Marnitz Boshoff, 14. Ruan Combrinck, 13. Harold Vorster, 12. Howard Mnisi, 11. Andries Coetzee, 10. Elton Jantjies, 9. Francois de Klerk, 8. Warren Whiteley (kaptain), 7. Warwick Tecklenburg, 6. Jaco Kriel, 5. Franco Mostert, 4. Andries Ferreira, 3. Julian Redelinghuys, 2. Akker van der Merwe, 1. Jacques van Rooyen
Bank: 16. Mark Pretorius, 17. Corne Fourie, 18. Ruan Dreyer, 19. Luvuyiso Lusaseni, 20. Robert Kruger, 21. Ross Cronje, 22. Alwyn Hollenbach, 23. Courtnall Skosan.
Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.
Assistent skeidsregters Jaco Peyper, Stephan Geldenhuys.
TV skeidsregter: Deon van Blommestein
