Local sportSport

Wynie Strydom skryf boek om Bulle se unieke kultuur te verewig

Die gewilde Wynie Strydom, wat vir jare die bestuurder was van verskeie kampioenspanne by die Blou Bulle en die Bulls, se biografie is verlede week tydens ’n direkte radio-uitsending bekendgestel.

Toe Wynie Strydom verlede jaar na meer as twee dekades van rugby-administrasie aftree, wou hy meer tyd met sy gesin spandeer en so veel as moontlik gholf speel.

’n Biografie of selfs ’n gewone boek oor die lewe in die binnnekring van professionele rugby was nooit werklik deel van sy planne nie.

Die bekende skrywer en joernalis, Alita Steenkamp, het egter kort na Strydom se aftrede met hom in verbinding getree en die saadjie geplant met haar versoek om hom by te staan met die skryf van ’n boek. Aanvanklik wou Strydom niks weet nie, maar nadat hy ander biografieë waaraan Steenkamp gewerk het onder oë gehad het, het hy tog ingestem. Só is die boek, Wynie – My bloed is blou, gebore en dié besonderse boek is verlede week in Centurion by ’n spoggeleentheid op die perseel van Kia Motors bekendgestel.

Die bekendstelling van die boek het saamgeval met ’n direkte radio-uitsending, aangesien dit deel was van Rugbyradio, Strydom en die bekende rugby-kommentator, Hennie Koortzen, se weeklikse program op Radio Pretoria.

Gaste by die geleentheid het die voorreg gehad om deel te wees van ’n direkte uitsending van dié program, waartydens ’n panneel sprekers hul kennis oor die spel én staaltjies oor Strydom se loopbaan gedeel het. Bekendes soos Springbok- afrigter, Heyneke Meyer, Bulls hulp-afrigter Pine Pienaar en oud-Springbok haker, Gary Botha, was deel van dié paneel.

Hoewel Strydom se boek die hooftema van die program was, het gaste by die geleentheid ook deeglik van die kans gebruik gemaak om Meyer te peper met vrae oor sy planne vir die Springbokspan vanjaar.

Strydom het later vertel dat hy bevoorreg voel om vir sowat ’n derde van die Blou Bulle se geskiedenis van 77 jaar, deel te kon wees van dié roemryky rugbyunie se strukture. Hy was in die laat sewentiger- en vroeë tagtigerjare as speler by die unie betrokke, waarna hy eers as afrigter en later as spanbestuurder uitgeblink het.

Hy het gesê dat sy boek ’n soort huldeblyk is aan die Blou Bulle, waarin hy vir die gewone ondersteuner iets meer wou vertel van die kultuur van dié rugby-unie. Die staaltjies in die boek sal ook help om mense meer insig te gee oor hoe die lewe van rugbysterre verloop en wat dit verg om kampioenspanne te bou.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button