Vier Pretoria skole in Beeldtrofee kwrteindstryd vir makro skole
Pretoria sal vanjaar verteenwoordiging hê in elk van die vier kwarteindstryde in die Beeldtrofee reeks vir makro skole.
Die Hoërskool Eldoraigne se eerste rugbyspan het vriend en vyand verras toe hulle die afgelope naweek met Kempton Park afgereken het in ’n uitspeel wedstryd om ’n plek in die kwarteindrondte van die Beeldtrofee reeks vir makro skole.
Menlopark het ook deurgedring na die halfeindrondte met hul oorwinning van 37-30 oor Marais Viljoen.
Daarmee het plaaslike skole die kanse verbeter om vanjaar weer Pretoria se naam hoog te hou in hierdie liga, aangesien daar ’n eerskomende naweek ’n plaaslike skool in elk van die vier kwarteindrondtes van die Makro-skole liga sal wees.
Garsfontein en Waterkloof is die ander skole wat reeds deurgedring het na die kwarteindrondte. Dié twee skole sal eerskomende naweek tuis speel in hul onderskeie kwarteindstryde teen Nelspruit (Garsfontein) en EG Jansen (Waterkloof). Eldoraigne speel weg teen Monument en Menlopark sal Middelburg toe reis vir hul kwarteindstryd teen HTS Middelburg.
