Centurion egpaar presteer by brugtoernooi
’n Egpaar van Centurion het puik presteer by die onlangse Nest Bridge Open brugtoernooi.
Die Nest Bridge Open brugtoernooi vind jaarliks by “The Nest” in die Champagne Valley in die Drakensberge plaas.
Vanjaar is die toernooi vir die negende keer deur een van die land se mees bekende toernooidirekteurs in dié ingewikkelde kaart-sport, Heidi Atkinson, aangebied. Sy woon in Knysna en is ook ’n mentor in die sport vir verskeie kampioene.
By vanjaar se toernooi, wat aan die einde van Julie aangebied is, het ’n egpaar van Centurion weer Pretoria se naam hoog gehou.
Ice en Adri Peenz het Noord-Gauteng verteenwoordig en hule het as paar nie net gekwalifiseer om in die A-groep deel te neem nie, maar hulle het ook vir die tweede keer hierdie groep gewen. Die Peenz-egpaar het het verlede jaar die eerste keer aan die toernooi deelgeneem.
