Local sportSport

Blou Bulle verniel WP op Loftus Versfeld

Die Blou Bulle is na drie wedstryde in die Curriebekerreeks steeds bo aan die puntelys, nadat hulle WP Saterdagaand op Loftus Versfeld oortuigend geklop het.

Die Blou Bulle het WP Saterdagaand op Loftus Versfeld in die tweede helfte met ’n blitzkrieg van vyf drieë in net 15 minute getref om uiteindelik dié belangrike Curriebeker wedstryd met 47-29 te wen.

Die eerste helfte was ’n titaniese stryd waarin nie een van die twee spanne ’n duim wou wyk nie. Die telbord is in daardie eerste 40 minute hoofsaaklik deur strafdoele aan die gang gehou. Tien minute voor rustyd het Seabelo Senatla egter die eerste drie van die wedstryd gaan druk, nadat die WP-kaptein, Nizaam Carr, ’n skop van Tian Schoeman afgestorm het. Senatla moes net die bal oppik en dit oor die lyn plaas.

Vroeg in die tweede helfte het die Blou Bulle se moed waarskynlik in hul skoene gesak toe die WP se tweede drie heeltemal teen die verloop van spel gekom het. Met die Blou Bulle op die aanval, het Dillyn Leyds ’n aangee onderskep en 80 meter ver genael om onder die pale te druk. Leyds en sy spanmaats se “oorwinningsdansie” na dié drie sou egter later ’n bitter smaak in die mond van hul afrigter, John Dobson, laat.

Na tien minute se spel in die tweede helfte het ’n blou golf egter op die WP afgekom en daarna was hulle nooit weer in die wedstryd nie. Burger Odendaal se drie het ’n blitzkrieg van vyf drieë ingelui. Tot groot vreugde van die Blou Bulle se ondersteuners het hulle skielik die bal begin rondgooi en die WP se verdediging met hul eie resep aan flarde geskeur.

Die Bulle se agterste driehoek het vier keer gaan druk en die WP kon vir ’n halfuur lank nie weer punte aanteken nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button