Local sportSport

Garsies is makro skole kampioen

Garsfontein se eerste rugbyspan het die afgelope week op hul tuisweld twee keer met merkwaardige terugvegpogings vorendag gekom om vir die eerste keer in dié skool se geskiedenis die Beeldtrofee vir makro skole te wen.

In die omgewing van die Hoërskool Garsfontein het apteke die afgelope tyd goeie sake gedoen, want die ondersteuenrs van dié skool se eerstespan het binne een week handevol pille nodig gehad om hul senuwees in toom te hou.

Verlede Dinsdag het dié skool se wipwaentjie rit op pad na glorie in die Beeltrofee vir makro skolebegin, toe hulle op sensasionele wyse ’n agterstand van 26 punte binne 12 minute uitgewis het om Monument in die halfeindrondte met 39-36 te klop.

’n Kwartier voor die einde van daardie wedstryd het die meeste van Garsfontein se ondersteuenrs aanvaar dat glorie in dié gesogte rugbyreeks hulle wéér nie beskore sou wees nie, nadat hulle verlede jaar in die eindstryd met een punt teen Nelspruit verloor het.

Daarna het een van die merkwaardigste terugvegpogings in die geskiedenis van skolerugby begin en Garsies se Bere het binne twaalf minute vier drieë ingeryg. Hulle was op pad na ’n vyfde, toe Monnas by ’n losskrum onkant speel en die skeidsregter aan Garsfontein die strafskop toeken waarmee losskakel JP Wegner onder reuse druk die wenpunte kon aanteken.

Die eindstryd teen HTS Middelburg het byna ’n soortgelyke verhaal opgelewer. Net soos teen Monument, het Garsfontein aanvanklik gesukkel teen die teenstanders se groot, sterk pak voorspelers, wat sake oorheers het.

Teen rustyd was die seuns van Middelburg reeds met 26-10 voor, maar toe begin Garsfontein se vlugvoetige agterspelers weer met hul toorkunsies. Met hul SA Skole skrumskakel, Emborse Papier, aan die voorpunt, het hulle drie keer in minder as tien minute gaan druk.

Daarna he hulle weer gaan druk en dit wou lyk of die tuisspan gemaklik sou wen. HTS Middelburg het die Pretorianers egter daaraan herinner dat hulle self met ’n terugvegpoging teen Dr. EG Jansen die eindstryd gehaal het. Toe hulle in die laaste tien minute self twee keer gaan druk, het die wedstryd op ’n spannende einde afgestuur.

Garsfontein kon egter aan hul voorsprong vasklou om met 42-40 (’n rekord aantal punte in ’n Beeldtrofee eindstryd) te wen. Daarmee het hulle die kroon gespan op die heropbou-program wat oor die afgelope vyf jaar van dié skool een van die land se voorste rugbyskole gemaak het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button