Local sportSport

Spog met poedingresep en wen pryse by hengelkompetisie

Die jaarlikse hengelkompetisie van Ramcat gee vanjaar ook aan vrouens die geleentheid om groot pryse te wen met hul bobaas poeding-resepte.

Soos onlangs aangekondig, sal Ramcat se jaarlikse hengelkompetisie vir gestremdes vanjaar weer op Saterdag 12 September by die Irene Country Lodge se dam aangebied word.

Vanjaar se kompetisie sal twee unieke aspekte hê wat dit anders sal maak as vorige jare. Eerstens sal daar ook ’n poedingkompetisie aangebied word. Dié kompetisie sal nie net beoordeel word om die beste poeding te bepaal nie, maar terselfdertyd sal deelnemers se produk die poeding vir middagete verskaf.

Die tweede unieke aspek van vanjaar se kompetisie is dat Gerard (Yster) Smal en sy mede organiseerders ’n spesiale poging wil aanwend om spesifiek gestremdes wat weens rugby-beserings gestremd geraak het, by die kompetisie betrokke te kry.

Smal het aan Rekord gesê dat alle gestremde persone natuurlik altyd welkom is by hul kompetisie, maar dat hy onlangs bewus geword het van hoeveel rugby-slagoffers daar onder die gestremde gemeenskap is. Daarom wil hy poog om so veel as moontlik van hulle bymekaar te kry.

Smal het die versekering gegee dat die deelnemers oudergewoonte weer uitermate getrakteer sal word deur die organiseerders. “Dis hulle dag en hulle moet in staat wees om hulself ten volle te geniet langs die viswaters”, het Smal gesê.

Die verrigtinge begin reeds om 06:30 en al die deelnemers eet eers saam aan ’n heerlike ontbyt, wat deur die lodge se personeel voorberei word. Teen 14:00 sal die kompetisie amptelik verby wees en dan sal die pryse uitgedeel word.

Daar sal deur die loop van die dag vermaak aangebied word. Middagete word ook bedien en dit is, soos die ontbyt, ingesluit by die inskrywingsgeld vir die hengelaars.

Deelnemers word toegelaat om hul eie geheime respepte vir die aas te gebruik, maar aas sal ook verskaf word. Elke deelnemer is egter verantwoordelik vir sy eie stokke.

Vir enige navrae en inskrywings, skakel Gerard Smal by 082-337-9064.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button