Local sportSport

Stywe lyne in Irene vir gestremde hengelaars

Die vis in die dam by die Irene Country Lodge was nie skaam om enige moontlike aas te gryp by die naweek se Ramcat hengelkompetisie vir gestremde hengelaars nie.

Elke hengelaar het sy eie geheime respep vir aas saamgebring, maar verlede Saterdag was die karps en katvisse (babers) skynbaar uitgehonger in die dam van dieIrene Country Lodge en hulle het sommer enige aas gevat.

Teen nege-uur die oggend het deelnemers aan Ramcat se hengelkompetisie vir gestremdes al gesamentlik meer as 50 visse uitgetrek en oral was daar steeds uitroepe van “ek het hom!” of “kom help, ek het ’n byt!”

Dan moes die gestremde hengelaars se helpers bontstaan om die visse aan wal te bring, want veral die babers was soms moelike kalante wat lekker terugbaklei het.

Rekord was net betyds om te kyk hoe Celia du Toit haar tweede barber van die dag uittrek. Sy was baie opgewonde toe die vis haar lyn vat, maar toe hul helper dit vir haar wou aangee om daarmee vir ’n foto te poseer, wou Celia niks weet nie. “Neewat, hy is ’n bietjie grillerig”, was haar kommentaar.

Celia en haar man, Connie, is albei aan rolstoele gekluister, maar dit keer hulle nie om die lewe te geniet nie. Behalwe vir hul uitstappie na die viswaters het hulle ook al saam tennis en basketbal gespeel. Die egpaar is van Rietvallei Rand.

Gerard Smal, hooforganiseerder van die kompetisie, het aan Rekord gesê die kompetisie groei jaarliks in gewildheid.  

Meer as 80 gestremdes soos die Du Toit’s het Saterdag vanoor die hele Gauteng en ook vanuit ander provinsies saamgetrek om deel te neem aan die jaarlikse kompetisie, wat deur Ramcat spesiaal vir gestremdes gereël word. Die rolstoele het in ’n lang ry aan die suidekant van Irene Country Lodge se dam gestaan en oral is daar heerlik gekuier. Sommige helpers het spesiaal opgedaag net om die dag vir die gestremde hengelaars so maklik en gerieflik as moontlik te maak. Hulle is deur die dag getrakteer met heerlike kos uit die lodge se kombuis, terwyl kelners ook drankies en versnapperings aangedra het.

Uiteindelik was dit onbelangrik oor wie die kompetisie gewen het, hoewel daar vroeg reeds ’n 5kg karp uitgetrek is. Byna almal het iets gevang en dit was boonop weer ’n geleentheid vir ou vriende om te kuier, terwyl nuwe vriendskappe gesmee is. Verskeie pryse was beskikbaar, nadat die borge weer ruim bygedra het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button