Local sportSchool sportSport

Centurion lewer drie provinsiale sagtebalkampioenspanne op

Die Hoërskool Centurion se sagtebalspelers het vanjaar weer amok gemaak op die baan en die skool het die afgelope naweek verskeie provinsiale kampioenspane opgelewer.

Hoërskool Centurion het vanjaar weer bewys dat hulle een van die beste – indien nie dié beste nie – sagtebal skole in Pretoria is.

Uit die 76 wedstryde wat vanjaar deur die skool se spanne gespeel is, het hulle 60 gewen, vier keer gelykop gespeel en slegs 12 verloor. In die proses het hulle 795 lopies aangeteken en 331 teen hulle afgestaan.

Die A-spanne speel 42 wedstryde, wen 37, verloor drie en twee eindig gelyk. Hulle teken 429 lopies aan en staans slegs 94 af.

Die verskillende ouderdomsgroepe het soos volg gevaar:

* o.14A – Speel 11 wedstryde, wen 10 en een eindig gelyk. Hulle teken 143 lopies aan en staan slegs 17 af.

* o.15A – Speel 10 wedstryde, wen agt en verloor twee. Hulle teken 89 lopies aan en staan net 37 af aan die teenstanders.

* o.16A – Speel 11 wedstryde en wen allmal. Hulle teken 119 lopies aan teenoor die skamele 16 wat teen die hulle aangeteken word. Hierdie span behaal die puik prestasie om vir ’n derde jaar agtereenvolgens onoorwonne af te sluit. Hulle het in 32 wedsteryde sedert hul o.14 dae nog nooit verloor nie. In dié drie jaar teken hulle 529 lopies aan en staan slegs 53 teen hulle af.

* o. 19A – Speel 10 wedstryde, wen 8 en verloor slegs een, terwyl een ook gelykop eindig. Hulle teken 78 lopies aan en sleg 24 word teen die hulle aangeteken.

By verlede week se eindstryde in die Gauteng-Noord liga is Centurion se o.14A’s (klop Pretoria-Noord 7-1); o.15A’s (klop Oos-Moot 5-4); en o.16A’s (klop Pretoria-Noord 9-1) almal as Gauteng Noord kampioene vir 2015 gekroon.

Hoërskool Centurion het dus dus vyf uit die moontlike agt titels in Gauteng Noord gewen. Daarby het individuele spelers van die skool ook besonder presteer. Bianca Wolmerans is aangewys as die beste kolwer (o.14A), Elanie Botha as die beste kolwer (o.14B) en Cornè Bouwer as die beste gooier (o.19).

Dan lewer die skool ook elf provinsiale spelers op wat in vroeg in Desember vanjaar aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem. Hulle is:

* o.15 : Elri Herman, Gestelle Snyman, Shane Luyt, Savanna Combrink, Juaney Kleynhans en Melinda Brand.

* o.17 A: Carla Louw, Carli Niewenhuizen, Marianke van der Merwe, Roune Monteiro en Marie Snyman.

Drie van Hoërskool Centurion se afrigters (Carina Venter van die o.15B span, Francois Steyn van die o.17A span en JJ Diamond van die o.17B span) is boonop gekies as provinsiale afrigters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button