Local sportSport

Opwindende nuwe bergfietswedren by Voortrekkermonument

Die nuwe Monument-uithouren wat van 11 tot 13 Februarie 2016 by die Voortrekkermonument plaasvind, sal goeie voorbereiding bied vir jaers wat aan die Cape Epic gaan deelneem.

Bergfiets-entoesiaste kan begin uitsien na ’n opwindende vasbyt wedren in Pretoria vroeg in 2016. Dié wedren sal bekendstaan as die Monument-uithouren.

Buiten die uitstekende geleentheid om hulself vir 2016 se nasionale en internasionale byeenkomste voor te berei, beloop die prysgeld van hierdie nuwe wedren soveel as R500 000 in totaal. 

Volgens die organiseerder, Pierre Nel, maak hierdie prysgeld die Monument-uithouren die top rand-per-kilometer wedren in die land.

Nog ’n groot trekpleister vir die wedren is dat die beroemde ryer, Christoph Sauser van Switserland, volgende jaar ’n deelnemer sal wees wat plaaslike deelnemers die geleentheid bied om hul vaardigheid en uithouvermoë te toets teen die wêreld se bergfietskampioen. 

Nel sê dié uithouren – wat van 11 tot 13 Februarie by die Voortrekkermonument plaasvind – is veral op ervare jaers gemik wat ekstreme uitdagings soek of hulself vir die Olimpiese bergfiets dissipline (XCO) seisoen wil voorberei. Na afloop van die Monument MTB Festival vind die tweede nasionale XCO wedren reeds plaas op 27 Februarie aangebied word en skaars drie weke later jaag die wiele oor die klippe in die Cape Epic. Die Monument-uithouren is  veral ’n ideale soort kleedrepetisie vir beide die XCO seisoen en Cape Epic, meen Nel.   

Hy sê hoewel XCM plaaslik meer gewild is as XCO, is XCO die enigste Olimpiese dissipline en verwelkom jaers met die oog op groter geleenthede soos dié, waar die twee dissiplines gekombineer word. Dit maak die Monument MTB Festival uniek, verduidelik Nel.

“Ons kombineer XCO (wat in rondtes gejaag word) met XCM (heen-en-terug) met behoud van elk se unieke uitdagings. Sit nou boonop die vyf tot ses ure van die rug-aan-rug ekstreme uithou oor die twee dae by en jy skep die resep vir ’n unieke uitdaging. Die tydsberekening vir die  byeenkoms is ook perfek; beide XCO- en XCM-jaers  gaan daarby baatvind”, het Nel gesê.      

Inskrywings open 21 Oktober om vir die volgende kategorieë vir die Monument MTB Festival in te skryf: 

  • Juniors (manlike deelnemers van 17 en 18 jaar) vir die verkorte wedren;
  • Elite (mans, dames, en gemengde spanne bestaande uit ’n man en dame tussen 19 en 29); 
  • Meester (mans, dames, en gemengde spanne, van wie almal ouer as 29 jaar is). 

Spanne wat klaarmaak kry almal medaljes, maar net die eerste drie spanne in elke kategorie wen prysgeld.

Vir verdere inligting, kontak gerus vir Marlene by 083-228-6426 of marlene@strategicpr.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button