Dayna se teenstanders eet weer stof
Dayna Nienaber gaan steeds voort om naam te maak in veldrenne op haar motorfiets.
Rekord het onlangs berig oor die 19-jarige Dayna Nienaber se merkwaardige opgang in veldwedrenne op haar motorfiets.
By die onlangse veldren streekskampioenskap in Ventersdorp, wat telelyk ook die Gauteng Off-road Racing Club (GOC) se kampioenskap was, het sy weer baie teenstanders stof laat eet.
Die eerste dag van die aksie in Noordwes was ’n skof van 27km, waaraan die meeste van die ryers langer as drie ure spandeer het weens die moeilike terrein waardeur hulle moes jaag.
Deelnemers het tegelykertyd in klubverband (GOC) deelgeneem, sowel as aan die streekskampioenskap en Nienaber het dié eerste skof in die tweede plek in die streekskompetisie en derde in die klubkompetisie klaargemaak.
Op die tweede dag van die kompetisie het die jaers ’n afstand van 60km afgelê, maar Nienaber het kopgehou en weer tweede (streek) en derde (klub) geëindig.
