Local sportSport

Jaguars terug op wenpad

Die tweede fase van vanjaar se professionele Brutal Fruit premier-netballiga begin eerskomende naweek in Johannesburg en die plaaslike Jaguars is steeds een van die gunsteling ein dié toernooi.

Die Noord-Gauteng Jaguars se netbalspan is terug op die wenpad in die Brutal Fruit-premierliga ná hulle in hul derde wedstryd twee weke gelede teen die Southern Stings van die Wes-Kaap vasgeval het.

Die Jaguars, naaswenner van die toernooi in 2014 en 2015, het die Oos-Kaap Aloes Vrydagaand met 61-33 in die Heartfelt-arena in Pretoria verslaan.

Die Pretorianers was in drie van hul vier wedstryde tot dusver aan die wenkant.

Volgens die afrigter Jenny van Dyk was die mees bemoedigende aspek van die wedstryd hulle verdediging in die laaste twee kwarte waarin hulle slegs twaalf doele afgestaan het.

Die verdedigende vleuel, Tshina Mdau, was veral indrukwekkend en het met die speler van die wedstryd-toekenning weggestap. Dit was die tweede maal dat sy hierdie toekenning in die netbalfrokkie van die Jaguars verower het.

Van Dyk het gesê die tydsberekening van die aangeë, beweging in die aanvallende sirkel en afronding, wat in die nederlaag teen die Stings kortgekom het, was heelwat beter, “maar nog nie waar dit moet wees nie”.

Die aksie verskuif nou vir die volgende drie naweke na die Ellispark-aena in Johannesburg.

Die Jaguars speel Saterdag om 14:00 teen die Noordwes-Flames en Sondag om 12:30 (regstreeks op SuperSport 10) teen Mpumalanga se Sunbirds.

Die Pretorianers en die Noordwes-Flames, een van die voorste spanne in vanjaar se reeks, het mekaar al vyf keer vantevore gepak en die Jaguars het slegs een nederlaag teen die Flames gely. Die Jaguars was egter vir daardie wedstryd sonder hulle Protea-spelers.

“Ons sal ons balbesit moet behou, meer van ons doele moet sink en genoeg balle moet draai (besit afneem) om die Flames te kan verslaan,” het Van Dyk bygevoeg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button