Local sportSport

Groot groep atlete van Irene op pad na Comrades

Irene Atletiekklub sal vanjaar weer die plaaslike klub wees met die grootste verteenwoordiging in die Comrades marathon.

Die Irene Atletiekklub is oudergewoonte die atletiekklub uit Pretoria met die grootste hoeveelheid atlete wat vanjaar weer die Comrades Marathon gaan aandurf.

Vanjaar het ’n totaal van 210 lede van die Irene Atletiekeklub vir dié gesogte ultra marathon gekwalifiseer. Onder hierdie groep atlete sal 58 as groentjies Sondagoggend in hul eerste Comrades wedloop aantree. Uit die totale groep wat gekwalifiseer het is 61 dames.

Die 91ste Comrades Marathon word komende Sondag vanaf Pietermaritzburg na Durban gehardloop.

Die oudste atleet van die klub wat dié 89km gaan aandurf, is Johan van Vuuren. Hy is 72 jaar oud. Die jongste verteenwoordiger van die klub is die 23-jarige Charles Reynolds.

Die atleet van die klub met die meeste Comrades medaljes is Keith Reynolds wat tot dusver met 28 Comrades medaljes spog. Hy gaan probeer om Sondag sy 29ste te verwerf.

Irene Atletekklub spog voorts met 32 atlete wat reeds tien of meer Comrades medaljes verdien het. Vier atlete van dié klub het al 20 of meer Comrades medaljes verdien en agt klublede hardloop hierdie jaar hul tiende Comrades. Twee lede van Irene hardloop hul 20ste.

Laastens, net om te bewys dat Irene Atletiekklub ’n klub vir die hele familie is, kan genoem word dat daar 36 paartjies van dié klub saam aan vanjaar se Comrades marathon gaan deelneem.

Die klub het die afgelope Saterdag hul jaarlikse Comrades-funksie by hul klubhuis op die Landbou Navorsingsraad se terrein in Irene aangebied. By hierdie funksie kuier klublede vir oulaas saam voor die groot wedloop, terwyl spesiale toekennings ook aan sekere atlete gemaak word. Daar word ook ’n spreker genooi om deelnemers aan die Comrades moed in te praat.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button