Local sportSport

Plaaslike sewesrugby spanne presteer in Amerika

Die Regenesis Dallas Internasionale sewesrugby toernooi, wat in Dallas in Amerika laasgevind het, is deur ’n plaaslike span gewen.

Ses Suid-Afrikaanse spanne, waaronder drie uit Pretoria, was onlangs deel van die eerste Regenesis Dallas Internasionale sewesrugby toernooi vir o.19 spanne, wat in Amerika plaasgevind het.

Montana, Pretoria Harlequins, die Oryx span, wat verskeie Pretorianers in hul geledere gehad het, en die uiteindelike wenner van die toernooi, die All Stars span, het almal gewys hoe sterk die plaaslike talent in hierdie formaat van rugby is.

Beide die bekers op hierdie toernooi is deur Suid Afrikaanse spanne gewen.  Die All Stars span, afgerig deur een van Pretoria se bekendste afrigters op skole- en klubvlak, Ludwiche van Deventer, het ’n sterk Tiger Academy span met talle Amerikaanse nasionale junior spelers in hulle geledere,  met 17 – 7 geklop in die eindstryd om die beker.  Die All Stars se kaptein Chappies Fourie was uitstaande en ook die Speler van die Toernooi.  Ruben Venter en Miguel de Sousa het ook vir die wenspan uitgeblink.

In die halfeindstryd van die stryd om die beker moes die All Stars hard werk om nog ’n plaaslike span, Montana, te klop.  Montana is uitstekend afgerig deur Morne Human, wat ook betrokke is by die afrigtingspan van Naka Bulle in die Carltonbeker toernooi.  In die ander halfeindstryd het die Amerikaanse Tiger Academy die span van Pretoria Harlequins geklop in ’n harde fisiese stryd.

In die finaal van die plaatkompetisie het Oryx met nog ’n Suid Afrikaanse span, Glenwood House met 24 – 7 geklop.  Oryx het in die plaat semi-finaal vir Warmbad uitgeskakel. Dié span uit Limpopo was baie kompeterend tydens die toernooi.  In die ander halfeindstryd het Glenwood House, die verrassingspakket van die toernooi, met Dallas Harlequins afgereken.

Volgens die toernooi promoter, Willem Strauss, was die toernooi ’n sukses en het die plaaslike spanne die Amerikaanse toeskouers en spelers beïndruk met hul spoed en vaardighede.

Volgens James Walker,  stigter van die Tiger Academy, was die tempo en intensiteit waarteen die SA spanne gespeel het een te veel vir hulle Amerikaanse opponente. Hy glo egter dat hierdie soort toernooie met mededinging oor internasionale grense die kwaliteit van spel in Amerika sal bevorder.  ’n Aantal van die Suid-Afrikaanse spelers wat in die toernooi in aksie was is deur Amerikaanse universiteite soos die Oklahoma Universiteit en die Universiteit van Noord Texas genader om hul loopbane in Amerika voort te sit.

Strauss het bevestig dat die Regenesis toernooi volgende jaar weer sal plaasvind. Dit sal wel effens vroeër in Junie maand gehou word om ook spanne uit Nieu Seeland, Argentinië, Namibië en die Kaaiman Eilande te akkomodeer.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button