Local sportSport

Oos-Moot wen Stadsbeker wéér

Drie van Oos-Moot se rugbyspanne is Saterdag op Loftus Versfeld as Stadsbeker kampioene vir Grootskole gekroon.

Die Hoërskool Oos-Moot is wéér die Stadsbeker kampioen vir Grootskole, nadat hulle Hoërskool Pretoria-Noord Saterdag op Loftus Versfeld met 46-19 geklop het in die eindstryd van die VirSeker Beeldtrofee in die Bloubul-streek.

Met hierdie oorwinning het Oos-Moot seker gemaak dat hulle hul titel as Stadsbeker kampioene behou, nadat hulle verlede jaar ook dié beker gewen het.

Oos-Moot se o.14 en o.16 span is ook as kampioene in hul ouderdomsgroep gekroon, maar hul o.15 span moes ongelukkig die knie buig teen Pretoria-Noord.

Die groot eindstryd tussen die eerstespanne van Oos-Moot en Pretoria-Noord was die hoofdis op Loftus Versfeld in Saterdag se program waarin al die Stadsbeker kampioene vir Groot-, Middel-, Medium en Kleinskole bepaal is. Oos-Moot het sommer gou gewys dat hulle nie maklik van hul titel afstand gaan doen nie, toe hul linkervleuel na net drie minute se spel oor is vir die eerste drie van die wedstryd.

Nog drie minute later het Oos-Moot weer die verdediging van Pretoria-Noord gefnuik en na ’n kwartier se spel was die telling reeds 21-0, toe die slot en kaptein, Jason Martins oor is vir sy drie.

In daardie eerste twintig minute het Oos-Moot die vaste fasette oorheers, terwyl Pretoria-Noord se losskakel ongelukkig te veel besit weggeskop het.

Hierna het Pretoria-Noord hul balbesit egter beter begin gebruik en op ’n stadium wou dit lyk of hulle terug is in die wedstryd, veral toe hul eerste drie sowat tien minute voor hafltyd gedruk is. Die seuns van die noorde was ook in daardie tydperk beter by die afbreekpnte en hulle het daaruit goeie besit gekry om aan te val.

Kort voor die rustyd fluitjie het ’n groot terugslag Pretoria-Noord getref toe hul beste speler, binnesenter Duncan Tuck, met ’n geelkaart afgestuur is. Dis sou beteken dat hulle die eerste tien minute van die tweede helfte met 14 man moes speel, wat uiteindelik net te veel gevra was.

Oos-Moot se vierde drie is in daardie eerste tien minute van die tweede helfte gedruk. Daarna het Pretoria-Noord egter baie karakter gewys deur terug te veg met twee puik drieë en halfpad deur die tweede helfte was Oos-Moot se voorsprong net 9 punte.

Die seuns van die Moot kon egter in die laaste twintig minute weer hul ritme vind. Twee strafdoele deur Edmund Ludick en ’n puik drie deur Johan Marais het die skaal finaal in hul guns geswaai.

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord onFacebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button