Local sportSport

Raadslid wens Grizzlies se Blou Bulle geluk

Die Grizzlies, rugbyspelers van die Tuine Sportklub, het hulself vanjaar deeglik laat geld in die jeugklub ligas en hulle het ook verskeie provinsiale spelers opgelewer.

Die Grizzlies, rugbyspanne van die Tuine Sportklub, het vanjaar weer puik presteer in die jeugklubs liga.

Dié klub het ook nege spelers opgelewer wat gekies is om die Blou Bulle se jeugklub spanne by die interprovinsiale toernooi te verteenwoordig.

Een van die klub se afrigters is ook gekies om ’n provinsiale span onder hande te neem.

Die klub se o.15 span het die beste gevaar wat verteenwoordiging by die Blou Bulle aanbetref. Vyf van dié span se spelers is vir die provinsiale span gekies. Dan was daar ook drie seuns uit die o.14 span wat vir die Blou Bulle uitgedraf het, terwyl een speler uit die o.16 span ’n Bloubul geword het.

Die Blou Bulle se spanne het puik presteer by die interprovinsiale toernooi en vanaf o.13 tot by o.18 het al die spanne skoonskip gemaak in die ligafase, behalwe vir een gelykop uitslag vir die o.16’s teen die Valke.

Die o.15 span met sy vyf Grizzlies en Grizzlies-afrigter het boonop die eindstryd teen die Leeus gewen.

Volgende jaar word hierdie gesogte provinsiale junior klubtoernooi in Pretoria aangebied.

Een van die raadslede in die Tuine-omgewing, Elma Nel, het die klub ook vanjaar ondersteun en sy het hulle onlangs weer besoek om die spelers geluk te wens wat hul provinsiale kleure op hierdie vlak verdien het.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button