Local sportSport

Seun uit Pretoria Tuine laat tennis kenners se oë rek

Die 12-jarige Devon Bdenhorst van Pretoria word tans beskou as een van die beste tennisspelers in sy ouderdomsgroep in die wêreld.

Devin Badenhorst is net 12 jaar oud, maar geoordeel aan die talent wat hy vertoon en sy prestasies op die tennisbaan,  het dié seun die vermoë om Pretoria se beste tennisspeler te word sedert Johan Kriek byna 40 jaar gelede die wêreld aan sy voete gehad het.

Badenhorst is tans Suid-Afrika se beste o.12 tennisspeler wat kenners laat regop sit met sy prestasies op die tennisbaan. Hy word afgerig deur Denton Meintjies, hoofafrigter by die JL de Jager Tennisakademie.

Hoewel hy reeds op vierjarige ouderdom die raket begin rondswaai het, het Badenhorst eers as sewejarige in sy eerste skooljaar aan toernooie begin deelneem. Die enigste probleem was dat hy as o.10 speler moes inskryf vir daardie toernooie. Dit het hom egter nie afgeskrik nie en hy het verskeie toernooie gewen teen seuns wat tot drie jaar ouer as hy was. Reeds as graan een seuntjie is hy as Laerskool Tuine se beste tennisspeler beskou.

As negejarige was hy weer te goed vir die o.10’s en hy het daardie jaar vir o.12 toernooie begin inskryf. Deesdae is hy Gauteng-Noord én die land se beste in dié ouderdomsgroep. Hy speel al die afgelope twee jaar in Gauteng-Noord se top groep, die sogenaamde ‘Platinum Squad’.

Verlede jaar kon Badenhorst inskryf vir sy eerste amptelike Internasionale Tennis Federasie (ITF) toernooi in Botswana, waar hy in die eindstryd verloor het. Vanjaar het hy reeds vir drie soortgelyke toernooie inskryf. Een van hierdie toernooie is in Zimbabwe aangebied en die ander twee weer in Botswana. Badenhorst het hierdie keer al drie die toernooie gewen.

Die ITF toernooie is egter nie Badenhorst se enigste sukses in 2016 nie. Trouens, hierdie jaar sal waarskynlik later in sy loopbaan beskou word as die jaar waarin hy sy deurbraak op die tennisbaan kon maak. Hy het begin deur die streekstoernooi (Zonals) van die Afrika Tennis Konfederasie te wen, waarna hy ook die o.14 afdelings van twee plaaslike toernooie van Gauteng-Noord gewen het.

Hierna het Badenhorst Tennis Suid-Afrika se Dunlop reeks in die Vrystaat gewen, terwyl hy ook die nasionale junior toernooi se wenner was.

Badenhorst het ook op sy jeugdige ouderdom reeds wyd gereis en vroeër vanjaar was hy in Louisiana, VSA, waar hy by die State Clay Court Championship die o.14 afdeling gewen het. Dit het hy opgevolg oorwinnings oor al die nommer-een spelers van lande soos Amerrika en Spanje, wat oor top ontwikkelingsprogramme beskik, in die Coupe LeBlanc toernooi in Kanada, terwyl hy ook die beste speler in sy ouderdomsgroep was by die ITF se talent identifiserings projek in Marocco.

Dis byna ongelooflik dat Badenhorst boonop nog tyd kry vir ander sportsoorte soos rugby, krieket en atletiek, terwyl hy ook op akademiese gebied puik vaar.

Daar word baie gevra wanneer Suid-Afrika weer ’n tennisspeler gaan oplewer wat in staat is om Grand Slam toernooie te wen. Op hierdie vraag antwoord baie kenners wat Devin Badenhorst onlangs in aksie gesien het dat dié seun fyn dopgehou moet word oor die volgende 10 jaar.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button