Local sportSchool sportSport

Skitter-atletiek in bewolkte weer by A-bond interhoër

Sommige van Suid-Afrika se heel beste junior atlete was in aksie by die Pretoria A-bond interhoër atletiekbyeenkoms.

Pretoria se A-bond interhoër atletiekbyeenkoms is Vrydag met groot sukses by die Pilditch stadion aangebied.

Na ’n week van aanhoudende reën, wat selfs verantwoordelik was dat die C-bond se interhoër byeenkoms Dinsdag gekanselleer moes word, was dié spogskole wat deel is van hierdie byeenkoms gelukkig om die beste van twee uiterstes te beleef. Die hele byeenkoms is in swaar bewolkte weer afgehandel, maar die reën het weggebly. Die bewolkte weer het die atlete gepas, aangesien dit die bloedige Februariemaand hitte en sonskyn gedemp het.

Hierdie koeler weer het ook bygedra tot puik prestasies van die atlete. Sommige van Suid-Afrika se heel beste junior atlete was in aksie by die byeenkoms, wat met enkele uitsonderings saamgestel is uit Pretoria se beste makroskole.

Die byeenkoms is deur Hoërskool Montana aangebied en gesien in die lig van die logistiek wat hanteer moes word met sulke groot deelnemende skole, het dié skool uit die noorde van die stad hulle skitterend van hul taak gekwyt in elke opsig van die logistieke kwessies wat aangespreek moes word.

Saam met Montana was nog agt skole deel van die byeenkoms, wat byna al die streke van die Tshwane Metro verteenwoordig het. Hulle is Afrikaans Hoër Seunskool, Afrikaans Hoër Meisieskool, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Oos-Moot en Prestige College van Hammanskraal.

’n Besonder taai stryd het op die baan geheers, nie net om die byeenkoms te wen nie, maar ook om die laaste plek te vermy en deel van hierdie groep top atletiekskole te bly.

Meer besonderhede en uitslae volg later.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button