Local sportSport

Plaaslike klubs spook sake uit in Flya toernooi

Agt plaaslike rugbyklubs was betrokke by die jaarlikse Flya rugbytoernooi wat by die Tuine sportklub afgehandel is.

Die jaarlikse Flya rugbytoernooi is die afgelope twee weke weer met groot sukses by die Tuine Sportklub aangebied.

Dié toernooi word aangebied om aan klubs in die laer ligas van klubrugby die geleentheid te gee om vroeg in die seisoen te midde van ’n feestelike atmosfeer op ’n krag-teen-krag basis te kan kompeteer en terselfdertyd hul spanne gereed te kry vir die amptelike ligaseisoen. Groot pryse in die vorm van produkte van die borg was ook op die spel vir die klubs.

Vier klubs uit die Blou Bulle se Carlton B-liga (voorheen die Eersteliga) en vier klubs uit die Carlton C-liga (voorheen die Presidentsliga) het met hul eerste- en tweedespanne sake uitgespook by die toernooi.

Die eindstryde van die toernooi is Saterdag by die Tuine Sportklub afgehandel, terwyl die spanne wat in die eerste rondte uitgeskakel is, ook vir die derde en vierde plekke in elke afdeling uitgespeel het. Dit het beteken dat ’n rugbyfees met agt wedstryde op albei naweke op die Tuine Sportklub se A- en B-velde afgehandel is.

Die wenners van die eerste rondte in die Carlton B-liga afdeling was Korrektiewe Dienste en Cullinan. Dié twee spanne was betrokke in ’n klipharde eindstryd, wat uiteindelik met 41-3 deur Korrektiewe Dienste gewen is. Dié telling kan misleidend wees, want Cullinan was beslis ongelukkig om nie meer punte aan te teken nie. Korrektiewe Dienste se verdediging was egter skitterend en dié span het gewys dat hy vanjaar ’n krag gaan wees in die liga.

In die uitspeelstryd om die derde en vierde plekke het Tuine se Grizzlies maklik met Noordelikes afgereken. Die eindtelling was 64-10 in die tuisspan se guns.

Hartbeespoort is as kampioen gekroon in die Carlton-C afdeling, nadat hulle Bronkhorstspruit in die eindstryd met 37-15 geklop het.

Transnet Parke se eerstespan het in die derde plek geëindig, nadat hulle Westelikes op die laaste dag met 17-7 verslaan het.

Korrektiewe Dienste het hul diepte onderstreep toe hul tweedespan ook in die B-liga eindstryd die Grizzlies met 32-5 ore aangesit het.

Die Blou Bulle se amptelike ligawedstryde begin op Saterdag 22 April.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button