Local sportSport

Menlopark se jonges gee Pretorianers hoop in VirSeker Beker toernooi

Twee van Menlopark se rugbyspanne is die afgelope naweek as kampioene in die VirSeker Beker reeks vir Makro skole gekroon.

Nadat beide Garsfontein en Centurion se eerstespanne verlede week in die VirSeker Beker Makroskole liga se halfeindstryde uitgeskakel is, was twee van Menlopark se junior spanne darem ’n ligpunt  vir skolerugby liefhebbers van Pretoria wat dié liga volg.

Menlopark se o.16’s en o.14’s is beide die afgelope naweek as VirSeker Beker kampioene in hul ligas gekroon.

Vir die eerste keer sedert 2013 het Pretoria nie ’n verteenwoordiger in die eindstryd van die eerstespan liga in dié gesogte toernooi gehad nie. Garsfontein is verlede week op sy tuissveld deur Monument van Krugersdorp uitgeskakel toe die Wesranders die een halfeindstryd met 31-24 gewen het. Centurion moes na Nelspruit reis, waar hulle in die ander halfeindstryd met 7-45 vasgeval het.

Twee van Menlopark se junior spanne het egter gewys dat dié skool in die volgende paar jaar ’n krag in die Makroskole liga behoort te wees. Die o.16’s het 11 drieë ingeryg in hul eindstryd teen Dr. EG Jansen van Boksburg, wat hulle uiteindelik met 65-13 gewen het.

Menlo se o.14’s het ook in hul eindstryd amok gemaak deur Zwartkop met 49-0 pak te gee. Menlopark se jongspan het self nege keer agter die doellyn gaan kuier tydens hierdie wedstryd.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button