Local sportSport

Top stoeier van Montana hoop op gemengde gevegkuns deurbraak

Stevo Michaels Law van Pretoria se moontlike deurbraak geveg in die gemengde gevegskuns vind eerskomende naweek plaas.

Stevo Michaels Law kan binnekort Pretoria se nuutste ster in die gewilde gemengde gevegkuns sport word.

Die bekende stoeier, wat deesdae in dié groeiende gemengde gevegkuns sport uitblink, veg eerskomende naweek teen Nasser Marques by die vierde Extreme Warriors Championship (EWC) toernooi in Boksburg om te bepaal wie die eerste aanspraakmaker sal wees op die nasionale liggewig titel.

Law is ’n spesialis stoeier en een van die sterre by die Wrestling 4 MMA gimnasium in Montana. Na groot sukses as stoeier, waar hy op internasionale vlak presteer het, is Law nou besig om naam te maak as gemengde vegkuns sportman.

Hoewel Law meer ervare is as Marques, het laasgenoemde baie vinning opgang gemaak in die sport en word hy hoog aangeslaan deur kenners. Law het aan Rekord gesê dat hy sy teenstander respekteer, maar dat hy vol vertroue is om binnekort die eerste nasionale EWC liggewig kampioen te word. Sy doelwit daarna is om professioneel te begin veg en ’n deurbraak te maak in die Extreme Fighting Championship (EFC) liga.

Volgens Law het sy algehele vaardigheid as gemengde gevegkuns sportman drasties verbeter. Hy het aan Rekord gesê dat goeie stoeiers tradisioneel baie suksesvol is in dié sport, veral as hulle daarin kan slaag om hul opponent grond toe te vat tydens die geveg.

Nog een van die Wrestling 4 MMA gimnasium in Montana gimnasium se sterre, Kyla de Vries, veg later vanjaar by die International Mixed Martial Arts Federation se wêreldkampioenskap in Bahrain in die Midde-Ooste, waar sy ook hoop om ’n internasionale deurbraak te maak. De Vries is onoorwonne as gemengde gevegkuns sportvrou en ’n blink toekoms word vir haar voorspel.

Wrestling 4 MMA gimnasium in Montana spesialiseer in stoei afrigting met die oog op gemengde gevegkuns. Die hoofafrigter by dié gimnasium is Jacques Russouw, ’n gewese silwer medalje wenner by die wêreld meersters stoeikampioenskap.

Die gimnasium spesialiseer ook in afrigting van selfverdedigingstegnieke vir mans en dames. Enigiemand wat topfiks wil word en nie noodwendig deel wil wees van enige gevegkuns opleiding nie, is ook welkom om by die gimnasium aan te sluit.

Vir meer besonderhede, kontak Stevo Michaels Law by 076-309-2219.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button