Local sportSport

Garsfontein maak skoonskip in Sewestoernooi

Garsfontein se sewesrugby spanne het Saterdag in Centurion twee trofees verower by die EldoRugby 7’s toernooi.

Die Hoërskool Garsfontein se sewesrugby spanne het Saterdag skoonskip gemaak by die EldoRugby 7’s toernooi, wat deur die Hoërskool Eldoraigne aangebied is.

Die toernooi was deel van die hoërskole sewesrugby reeks, waaraan skole vanoor die hele Gauteng deelneem.

Beide Garsfontein se o.15 en o.17 spanne is as kampioene by hierdie toernooi aangewys. Dertien skole het deelgeneem aan die toernooi, terwyl sommige van die sterker skole selfs twee spanne vir die onderskeie ouderdomsgroepe ingeskryf het.

Die Garsies se o.15’s het teen Helpmekaar van Johannesburg te staan gekom in die eindstryd, nadat hulle die uitdunrondtes onoorwonne afgesluit het. In die eindstryd het hulle die Johannesburgers met 26-14 geklop.

In die o.17 liga het Garsfontein se span amok gemaak en 133 punte in hul eerste drie wedstryde opgestapel, terwyl hulle slegs 7 punte afgestaan het. Daarna het hulle die tuisspan, Eldoraigne, met 28-7 in die halfeindronte geklop om deur te dring na die eindstryd.

Ongelukkig is die toeskouers die plesier van ’n eindstryd ontneem, nadat Menlopark onttrek het kort na hul oorwinning van 33-12 oor Midstream in die ander halfeindstryd.  Garsfontein is hierna as wenner van die o.17 liga aangewys sonder enige eindstryd aksie.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button