Local sportSport

Goue Leeus klop Blou Bulle in Johannesburg

Ten spyte van goeie spel deur John Mitchell se Blou Bulle het hul Curriebeker veldtog ’n knou gekry toe die Goue Leeus hulle Saterdagaand in ’n spannende en opwindende stryd op Emirates Airline Park gewen het.

Die Goue Leeus het die Blou Bulle Saterdag op Emirates Airline Park in Johannesburg met 36-33 geklop in ’n baie opwindende Curriebeker wedstryd wat tien skitter drieë opgelewer het.

Daar was drama, geelkaarte, briljante drieë en baie opwinding in dié wedstryd wat albei die unies se ondersteuners hoop sou gee op die toekoms. Albei hierdie spanne het met rasse skrede verbeter oor die afgelope maand en daar was uiteindelik bittermin te kies tussen die twee.

Albei die spanne het tot dusver wisselvallige Curriebeker seisoen gehad en hierdie wedstryd was vir beide baie belangrik om hul posisie op die punteleer te verbeter met die peilvak van die toernooi wat nader kom.

Hoewel albei spanne baie jong en onervare spelers bevat, het die toeskouers ten minste vooraf geweet hulle sou opwindende rugby sien. Beide spanne hou daaarvan om die bal rond te gooi.

Nie een van die twee buurspanne het ook teleurgestel nie. Die wedstryd was van die afskop af ’n skouspel van hardlooprugby en die tempo is sommer gou aangejaag.

Die Blou Bulle het eerste bloed geruik via ’n puik drie deur die jong slot, Ruben van Heerden. Hy het sierlik oorgeduik om ’n beweging af te rond nadat die Blou Bulle die bal deur verskeie fases beheer het.

Tipies van Lions rugby die afgelope paar seisoene het die tuisspan hul flater met Van Heerden se drie onmiddelik reggemaak deur puik aanvallende spel. Robbie Coetzee het uiteindelik ná ’n lynstaandryfbeweging afgerond.

Drie minute later was dit egter weer die Blou Bulle se beurt om self van ’n lynstaan af deur te dryf. Jano Venter, wat skitterdend op dreef was teen sy ou spanmaats, het afgerond.

Die tuisspan het die laaste kwartier voor rustyd oorheers en twee puik drieë deur Ruan Janse van Rensburg het die Blou Bulle effens laat steier. Toe die Leeus se kaptein, Jacques van Rooyen, sy span se bonuspunt drie kort voor rustyd druk, het die Bulle se ondersteuners begin bekommerd raak, want die tuisspan was met 26-14 voor.

John Mitchell het blykbaar hard gepraat in die kleedkamer tydens rustyd, want die Pretorianers het die tweede skof met nuwe vuur begin. Na aanhoudende aanvallende spel het Johnny Kotze in die hoek oorgeduik vir die Blue Bulle se derde drie.

Toe volg twintig minute van ’n intense armdruk-stryd waarin geen genade gevra of gegee is nie. Die Blou Bulle het dié fase gewen met die skitterende drie van Warrick Gelant, wat ook die Bulle se bonuspunt drie was.

Jacques van Rooyen en sy manne het egter teruggeslaan met ’n strafdoel en ’n drie deur die reserwe vleuel, Aphiwe Dyantyi om weer voor te loop op die telbord.

Die manne in Blou was egter nog nie gereed om oor te gee nie. Hul terugvegpoging het ’n skitter drie deur die jong haker, Johan Grobbelaar opgelewer, maar Manie Libbok se doelskop was mis.

Dié skewe doelskop en Jacques van Rooyen se besluit om kort voor die einde pale toe te skop toe sy span ’n strafkop naby dioe doellyn gekry het, was uiteindelik die verskil tussen die twee spanne toe die eindfluitjie blaas.

PUNTEMAKERS:

BLUE BULLS: 33 Drieë: Ruben van Heerden, Jano Venter, Johnny Kotze, Warrick Gelant, Johan Grobbelaar. Doelskoppe: Marnitz Boshoff (4).

GOUE LEEUS: 36 Drieë: Robbie Coetzee, Ruan Janse van Rensburg (2), Jacques van Rooyen, Aphiwe Dyantyi.   Doelskoppe: Jaco van der Walt (4). Strafdoele: Jaco van der Walt (1).

Skeidsregter: Egon Seconds

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button