Local sportSport

Skoolseun van Pretoria behaal unieke sportprestasie

’n Skoolseun van Pretoria, wat verlede week goud gewen het by die Suid-Afrikaanse landloop kampioenskap, gaan binnekort probeer om ’n sportprestaise te behaal wat waarskynlik nog nie voorheen reggekry is nie.

Garrick Rees, ’n 13-jarige skoolseun van Curro College Hazeldean in Pretoria het verlede week sy vierde Suid-Afrikaanse titel vir 2017 op die sportveld ingepalm en nou mik hy na ’n vyfde.

Met Rees se oorwinning in die o.13 ouderdomsgroep by die Suid-Afrikaanse landloop kampioenskap in Potchefstroom is hy gekroon as nasionale kampioen in dié sportsoort. Hy het van die wegspring af die voortou geneem in die wedloop en daarna kon geen teenstander hom inhaal nie.

Dié titel het hy gevoeg by sy oorwinnings in die 800m en 1500m in sy ouderdomsgroep by die Suid-Afrikaanse skole atletiekkampioenskap vroeër vanjaar, terwyl hy ook in Julie as Suid-Afrikaanse judo kampioen in sy gewigsafdeling gekroon is.

By die nasionale skole atletiekkampioenskap is hy boonop aangewys as beste baanatleet (seuns) ná sy twee oorwinnings in die middelafstande.

Rees is een van die uitblinkers van die TuksJudo klub, waar hy deur die legendariese Nikola Flipov afgerig word. Flipov is ook die Suid-Afrikaanse Olimpiese afrigter.

As Rees sy sin kry sal hy oor sowat ’n maand sy vierde nasionale titel inpalm – hierdie keer op die stoeimat. Hy neem in Oktober deel aan die Suid-Afrikaanse jeug stoeikampioenskap en as huidige Gauteng-Noord kampioen in sy gewigsafdeling het hy dus ’n goeie kans om ook as Suid-Afrikaanse kampioen gekroon te word.

Rees hou reeds vyf verskillende titels in vier sportsoorte op provinsiale vlak. Behawe vir sy titel as Gauteng-Noord stoeikampioen hou hy ook provinsiale titels in atletiek (800m en 1500m), landloop, judo en stoei.

As dié begaafde sportman die nasionale stoeititel ook kan wen sal hy waarskynlik ’n prestasie behaal wat nog nie voorheen in Suid-Afrika reggekry is nie, aangesien hy dan ook vyf nasionale titels in dié vier verskillende sportsoorte sal hou.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button