Local sportSport

Pretoria hengelaar vang weer grootste baber

Pretoria se kampioen baber hengelaar het dit wéér gedoen met ’n nuwe rekord vangs by die Baberspan Bonanza.

Hennie Moller van Pretoria is lank reeds bekend as waarskynlik Suid-Afrika se voorste katvis hengelaar.

Dié lugmag offisier van Centurion hou vier wêreldrekords as baber hengelaar en verlede week het hy sy baasskap in dié sport gewys toe hy weer die rekords laat spat het by ’n bekende hengelkompetisie in Noordwes.

Moller het die grootste baber uitgetrek tydens die Baberspan Bonanza by dié bekende en gewilde hengeloord tussen Sannieshof en Delareyville. Sy vangs was ’n nuwe rekord vir die kompetisie, wat ook afdelings vir Karp en Moggel/Moddervis ingesluit het.

Dié kompetisie, wat jaarliks aangebied word deur die NG Kerk Delareyville-Oos, se vorige rekord-vangs vir die grootste baber was ’n bielie van 20,89kg. Moller se beste poging het egter die skaal op 22,71kg getrek, wat hom dus die nuwe rekordhouer van Baberspan maak.

Sy naaste teenstander, wat die tweede plek in die baber-afdeling behaal het, se vis het 15,46kg geweeg, terwyl die hengelaar in die derde plek ’n baber van 14,53kg uitgetrek het.

Moller het aan Rekord vertel dat hy sowat 30 minute gespook met 9kg breekrag lyn om dié reuse vis  uiteindelik in te katrol. Behalwe vir die wisseltrofee as kampioen van die kompetisie, het Moller ook ’n spesiale trofee vir sy rekordpoging en ’n stewige kontantprys van R10 000 vir sy prestasie ontvang.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button