Local sportSport

Sprokies-einde vir Bulle se nagmerrie seisoen nie vergesog

Die Blou Bulle kry in die volgende twee weke die kans om soos die spreekwoordelike Feniks uit die as te verrys.

Die Blou Bulle se Curriebeker span het die afgelope naweek hul voet in die deur gekry om die nagmerrie seisoen van 2017 oor twee weke stroopsoet te laat eindig.

Ja, met die opwaartse kurwe van dié span se spelpeil in die tweede helfte van vanjaar se Curriebeker toernooi is dit nie vergesog om Burger Odendaal en sy makkers ’n redelike kans te gun om op 29 Oktober nog die gesogte Curriebeker Pretoria toe te bring nie.

Na die afgelope naweek se oorwinning van 52-32 oor die Pumas, het die Blou Bulle en hul ondersteuners in spanning gewag dat die res van die naweek se laaste wedstryde in die liga fase van vanjaar se toernooi afgehandel moes word. Die Goue Leeus se oorwinning van 44-17 oor die Cheetahs en die feit dat die Vrystaters geen bonuspunte kon verdien nie, het die Blou Bulle in staat gestel om by die agterdeur van die toernooi in te glip om vir die halfeindrondte te kwalifiseer.

Hoewel die kompetisie vanjaar baie straf was en ses van die sewe spanne in die Premierliga van die Curriebeker toernooi voor die afgelope naweek se wedstryde nog vir die halfeindrondte kon kwalifiseer, was die Blou Bulle se sukses nie net op geluk gebasseer nie. Dié span het inderdaad in die tweede rondte van die toernooi weeklikes beter gespeel en hulle was ’n paar keer ongelukkig om te verloor.

Feit is egter dat die Ligbloues die ligafase van die toernooi afgesluit het as die span wat die meeste punte aangeteken het én loshande die meeste drieë gedruk het. In die proses het hulle ook die meeste bonuspunte aangeteken, wat hul vierde posisie op die punteleer moontlik gemaak het. Die ander kant van die verhaal word egter vertel deur die feit dat hulle ook die meeste drieë afgestaan het.

Hierdie statistiek onderstreep die Blou Bulle van 2017 se metamorfose, wat onder die afrigting van Nollis Marais begin het en deur John Mitchell versnel en geskaaf is. Dit beklemtoon ook dat verdediging tans nog die grootste haakplek in die span se reis na vernuwing en omvorming is. Saam met ander aspekte soos die vaste fasette sal verdediging drasties opgeskerp moet word in die komende twee weke as die Blou Bulle hul seisoen op ’n hoogtepunt wil afsluit en aan hul ondersteuners wil bewys dat daar werklik hoop is om die gloriedae te laat herleef op Loftus Versfeld.

Om op te som – John Mitchell is nie ’n towenaar nie, maar tegnies is hy ooglopend briljant; Nollis Marais is ook nie die skurk van die verhaal van die afgelope seisoene se agteruitgang van die eerns glorieryke Blou Bulle nie; en al die probleme by Loftus Versveld is nog nie verby nie. Maar as Burger Odendaal en sy makkers die oënskynlik onmoontlike kan regkry en oorwinnings in hul volgende twee Curriebeker wedstryde kan behaal, sal die hoop by derduisende Bloubul ondersteuenrs nie beskaam dat dinge dalk tog weer reggeruk kan word nie.

 

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button