Local sportSport

70-jarige ‘juniors’ speel in unieke jukskei kompetisie

Jukskei is waarskynlik een van die min sportsoorte waar ’n ‘junior’ speler in ’n bepaalde wedstryd ouer as 70 kan wees, soos onlangs inderdaad gebeur het.

Stel jouself ’n sportkompetsie voor waar ’n junior span teen ’n senior span kompeteer en ’n groot deel van die ‘juniors’ is reeds ouer as 70 jaar.

Hierdie scenario was realiteit by ’n baie unieke jukskeiwedstryd wat onlangs deur die Silwerkroon Jukskeiklub in Pretoria aangebied is.

Hoewel die klub by die Senior Burgers Vereniging geafilieer is, speel ‘n gestremde lid (35 jaar oud) saam met sy ouers, nadat vergunnig van die vereniging verkry is. Sy mede “juniors” is egter almal ook senior burgers en verskeie van hulle is al aan die verkeede kant van 70.

Hierdie wedstryd tussen die ‘juniors’ en die ‘seniors’ is ’n jaarlikse instelling by die Silwerkroon Jukskei Klub. Die jonges se ouderdomme het gewissel tussen 35 en 76 en die ‘seniors’ se jongste speler was 77 jaar oud, terwyl hul oudste reeds 88 winters agter die blad het.

Jukskei word reeds baie jare gespeel, en die spel is gebaseer op termes uit die dae van die Voortrekkers. Dit verklaar toerusting en terme soos skeie, jukke, trekke en ’n skof. Die gewig van die skeie waarmee gespeel word verskil ook, net soos die afstand waarvandaan gegooi word. Sterker gooiers staan verder en gooi met swaerder skeie, terwyl ligter skeie en korter afstand toegelaat word vir diegene wat nie so sterk gooi nie.

Die Silwerkroon Jukskeiklub is geaffilieer by Gauteng-Noord Jukskei en dié klub speel op Maandae en Donderdae in die oggend by dié vereniging se bane in Rietfontein. Die adres is op die hoek van Swemmerstraat en 18de laan.

Enige belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit en saam te speel. Vir meer besonderhede, kontak Hester Lourens by 082-324-9730.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button