Local sportSport

Springbok sewesrugby afrigter deel sy suksesgeheime op Garsies ontbyt

Die jaarlikse besigheidsontbyt van die Hoërsool Garsfontein was vanjaar ’n hoogtepunt waartydens gaste ’n fassinerende blik op die geheim agter die sukses van die Springbok Sewesrugby span gekry het.

Die Hoërskool Garsfontein se jaarlikse Besigheidsontbyt, wat tradisioneel vanuit ’n sport konteks aangebied word, was vanjaar vir baie gaste ’n besondere geleentheid.

Neil Powell, afrigter van die Springbok sewesrugby span, het as gasspreker opgetree by dié ontbyt, wat jaarliks aangebied word om fondse in te samel vir die skool se rugbyprogram.

Gaste by die ontbyt het aan die suksesvolle afrigter se lippe gehang met die insae wat hy aan hulle gegee het oor die resep waarvolgens dié span bestuur word.

Powell het aan baie sakemanne ’n vars perspektief gegee met sy filosofie oor die pad na sukses, terwyl hy deurgaans die klem laat val het op die wyse waarop mense doeltreffend bestuur en ontwikkel moet word om daardie sukses te bereik.

Volgens Powel is die sukses van die Springbok sewesrugby span eerstens gebou op ’n basiese fondament van dissipline – die een ononderhandelbare beginsel waarsonder hy glo sukses nie moontlik sal wees nie. In hierdie opsig het hy verduidelik dat mense weens hul inherente verskille soms in vele opsigte anders benader moet word, maar dat basiese dissipline nie buigbaar kan wees nie.

Op die fondament van dissipline word daar volgens Powell dan ’n kultuur met duidelike beginsels  geskep waarbinne die span funksioneer. Hierdie kultuur sluit aspekte in soos buitengewone harde werk, wetenskaplike werksmetodes en ’n aangename werksomgewing.

Hy het ook verduidelik dat respek as deel van die spankultuur na bo en na onder ewewigtig moet funksioneer. Dit beteken dat gesagsfigure bereid moet wees om mense met wie hulle werk met dieselfde respek te behandel as wat hulle van onderdane verwag. Selfrespek is nog ’n logiese gevolg van ’n stelsel waarin mense binne ’n gedissiplineerde stelsel ontwikkel word.

Ander aspekte wat volgens Powell bydra tot ’n suksesvolle spankultuur is ’n omgewing waar almal hulself kan geniet.

“As daar nie glimlagte op die gesigte is nie, is die span in die moeilikheid,” het Powel gesê.

Powell het gesê is sewesrugby ’n sportsoort wat reg oor die wêreld dramaties groei, veral sedert dit Olimpiese status verkry het.

Die bekende gholf legende, Dale Hayes, het as seremoniemeester by die ontbyt opgetree en hy het die gaste getrakteer met sy skerp humorsin, terwyl hy ook die veiling van memorabilia hanteer het.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button