Local sportSport

Hoërskool Centurion se sagtebalspanne ryg die titels in

Twee van Hoërskool Centurion se sagtebal spanne is die afgelope naweek as Gauteng kampioene gekroon.

Die Tshwane skole sagtebal finale is onlangs by die Crafford Sadion in Rietondale Park aangebied.

Dié kampioenskap het twee kategorieë (plaat afdeling en kampioene afdeling) vir meisies, terwyl die seunsspanne slegs in ’n kampioene afdeling meeding.

Onder die meisies het Wonderboom baie goed gedoen in die plaat-afdeling met twee titels, terwyl Centurion weer die kampioene afdeling oorheers het met drie spanne in die eindstryde, waarvan twee as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Een van die interessante verwikkelings by die toernooi was die goeie prestasies van die Homespun klub, wat uit tuisskool spelers bestaan. Dié klub se seuns-spanne het almal die eindstryde gehaal en in twee afdelings is hulle as kampioene gekroon. Hulle o.16 meisies het ook die eindstryd van die plaat-afdeling vir meisies gehaal, maar moes die knie buig voor Wonderboom.

In die ander plaat-afdeling eindstryde vir meisies het Montana se o.14’s vir Garsfontein met 14-5 geklop, Akasia se o.15’s het Eldoraigne met 26-12 kafgedraf, terwyl Wonderboom se o.19’s hul eindstryd teen Tuine met 6-1 gewen het.

In die meisies se kampioene-afdeling het Zwartkop die o.14 titel gewen deur Afrikaans Hoër Meisies Pretoria met 10-3 te klop, Centurion se o.15’s het Montana met 10-0 gewen, Overkruin se o.16’s was met 11-7 baas teen Centurion, terwyl Centurion se o.19’s hul teenstanders van Pretoria-Noord met 4-0 geklop het.

In die kategorie vir seuns het Sonitus se o.14 span net-net met 11-10 teen Homespun gewen. Daarna het Homespun se o.15’s en o.16’s onderskeidelik met Tuine (10-4) en Pretoria-Noord (10-3) afgereken, terwyl Pretoria-Noord se o.19 weer die bordjies verhang het deur Homespun met 11-10 te klop.

Drie van hierdie Tshwane kampioene het die afgelope naweek hul segetog voortgesit en is as algehele Gauteng Kampioene gekroon by die provinsiale kampioenskap wat in die Oos-Rand aangebied is.

Centurion se o.15 en o.19 meisies en die o.15 seuns van die Homespun klub het al drie met die louere weggestap as algehele Gauteng kampioene.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button