Local sportSport

Garsies wen bergfiets liga

Garsfontein se bergfiets span is as die nasionale kampioen gekroon in die Spur Skole Bergfiets Liga, nadat die laaste byeenkoms in die reeks onlangs in Magaliesburg afgehandel is.

Hoërskool Garsfontein is ná die finale byeenkoms van die nasionale Spur Interskole Bergfiets Liga by Hoërskool Bekker in Magaliesburg as die 2017 kampioene aangewys in sowel die seuns- en die algehele afdelings.

Potchefstroom Gimnasium het die afdeling vir meisies gewen.

Nog ’n plaaslike skool, Hoërskool Menlopark, het die algeheel in die tweede plek geëindig, terwyl Potchefstroom Gimnasium derde was.

Die finale rondte het 433 bergfietsryers gelok van so ver as die Wes-Kaap. Skole soos Paul Roos Gimnasium en Hoërskool Paarl Vallei se spanne was in aksie.

Die Spur Skole Bergfiets Liga word jaarliks gewilder en vanjaar het 493 skole deelgeneem aan die 46 ligabyeenkomste wat reg oor die land angebied is. Die liga duur van Mei tot Oktober en daar word jaarliks byeenkomste in al nege die land se provinsies aangebied.

Volgens die organiseerders is bergfiets wedrenne een van die sportsoorte wat die vinnigste groei onder skoolgaande deelnemers.

Meer besonderhede oor die liga is beskikbaar op die amptelike webwerf by www.spurmtbleague.co.za

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button