Centurion se stoeiers presteer by jeugkampioenskap
Junior lede van die Centurion Stoeiklub het 30 medaljes huistoe gebring na hul deelname aan die onlangse Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskap.
Die Centurion Stoei Gimnasium se stoeiers het puik presteer by die onlangse Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskap wat in Turffontein in die suide van Johannesburg plaasgevind het.
Die stoeiers van Centurion het in beide die Vrystyl en Grieks-Romeinse styl deelgeneem en in albei kategorieë het dié klub se staatmakers hande vol medaljes huistoe gebring.
Op die eerste dag van die toerooi het 16 van Centurion se lede deelgeneem. Die o.9 en o.10 stoeiers was in aksie in die Vrystyl kategorie, terwyl die o.13 en o.15 seuns in die Grieks-Romeise styl hul slag gewys het.
Tydens die tweede dag se aksie was nog 25 stoeiers van Centurion op die mat in die ouderdomsgroepe o.11, o.13 en o.15 in die Vrystyl kategorie.
Stoeiers van die klub het ’n totaal van 30 medaljes by die toernooi gewen. Hiervan was meer as die helfte (17) goud, terwyl sewe silwer- en ses bronsmedaljes die getal voltooi het. Al die stoeiers wat medaljes gewen het is ook met Noord-Gauteng kleure beloon.
Volgens ’n woordvoerder van die klub kan hierdie prestasies toegeskryf word aan die stoeiers se toewyding en harde werk van die afgelope jaar.
Vir meer besonderhede oor die klub kan die sekretaris, Caren Bode, gekontak word by 072-244-1740 of epos: centurionwrestling@gmail.com .
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
