Local sportSport

PMA Judoklub eindig suksesvolste jaar op hoë noot

Die PMA Judoklub het in 2017 uitgestyg as een van Pretoria se beste judo klubs.

Onder leiding van hul uitstaande afrigters, Louis Nolte en Aidan Marsland, het die PMA Judoklub vanjaar puik prestasies behaal.

As een van die Tshwane Judo Assossiasie se top klubs het dié klub by die onlangse Suid-Afrikaanse Skole Judokampioenskappe, wat by die Universiteit van Johannesburg se Sowetokampus aangebied is, kragte gemeet teen die land se sterkste skole judokas.

Die kampioenskappe vind jaarliks plaas en sluit skoliere in tot op 14-jarige ouderdom.

Tydens die kampioenskappe het die PMA Judoklub ‘n uitstekende 27 medaljes verower om hulle suksesvolste jaar nóg op ‘n hoë noot af te sluit.

Hierdie prestasie van die klub se judokas het die kroon gespan op ‘n puik jaar wat ook gesorg het vir verskeie ander hoogtepunte.

Judokas van die PMA Judoklub het vroeër vanjaar meer as 60 medaljes by die SA Ope Judokampioenskappe in Bloemfontein ingepalm. Dié medaljes is gewen in die spanafdeling, kata en individuele gevegte.

Een van die klub se sterre, Brendan Pretorius, het vanjaar ‘n silwer medalje verower in die o.90kg afdeling by die Afrika Kadetkampioenskappe.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button