Tweekamp atlete lyk reg vir groot seisoen
Die tradisionele tweekamp seisoen is in volle swang en atlete berei reeds voor vir huishoudelike byeenkomste wat eersdaags sal plaasvind.
Daar heers opgewondenheid oor die nuwe tradisionele tweekamp seisoen, wat onlangs afgeskop het.
Tradisionele tweekamp is ’n gewilde gesinsport wat reeds dekades lank in Suid-Afrika beoefen word. Deelnemers wissel tussen die ouderdomme van 8 to 80, wat dié sport besonder gesinsvriendelik maak.
Die sport bestaan uit ’n atletiek-afdeling, wat op ’n tradisonele atlettiekbaan beoefen word, terwyl daar dan swem-items in ’n standaard Olimpiese swembad plaasvind. Deelnemers verdien punte na gelang van die tye wat hulle op die atletiekbaan en in die swembad behaal en die gesamentlike punte bepaal dan die wenners.
In Suid-Afrika begin die seisoen vir tradisionele tweekamp in Septembermaand en strek dan tot by die nasionale kampioenskap, wat jaarliks tydens die paasnaweek plaasvind.
Drie plaaslike tweekamp atlete het die seisoen op ’n hoogtepunt afgeskop en dit lyk nou reeds of hulle daarin gaan slaag om hul puik prestasies van die vorige seisoen voort te sit.
Nadia Potgieter van Hoërskool Garsfontein was in die vorige seisoen waarskynlik die land se voorste o.13 tweekamp atleet. Sy is vroeër vanjaar as nasionale kampioen gekroon in haar ouderdomsgroep, terwyl sy weens haar puik prestasies ook die junior victrix ludorm was by die nasionale kampioenskap. Haar tyd in die 1000m wedloop was die vinnigste deur enige dame op die kampioenskap, ongeag ouderdom.
Karla Potgeter van Hoërskool Menlopark is die huidige nasionale kampioen in die o.15 ouderdomsgroep. Sy het verlede seisoen nasionale kleure verdien en sy het ook as 15-jarige teen die senior dames gekompeteer. Potgieter het die derde vinnigste tyd van die seisoen (alle ouderdomme) in die 1000m wedloop aangeteken.
Onder die seuns was die 13-jarige Kevin Hickley waarskynlik die grootste uitblinker. Hy is aangewys as die junior tweekamp atleet van die jaar (seuns) ná ‘n puik seisoen. Hoewel hy ‘n Oosrander is, het Hickley in die kleure van Gauteng-Noord deelgeneem.
Verskeie huishoudelike byeenkomste word in die volgende paar maande in Pretoria aangebied. Die volgende groot byeenkoms, wat by Tukkies (atletiek) en by die Hillcrest swembad (swem) sal plaasvind, is op 21 November.
Atlete van alle ouderdomme wat belangstel om deel te word van die sport in Pretoria kan die webwerf besoek by www.gnbiathlon.com of kontak Charel Blignaut by 084-678-1001.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
