Quins-Bobbies se sukses van 2017 deur Blou Bulle beloon
Die nuweling klub in die Blou Bulle se strukture, Quins-Bobbies, was die top presteerder by verlede week se meriete toekenningsgeleentheid van die unie.
Jan-Hendrik Bosman, woelige agtsteman van Quins-Bobbies (QBR), wat vanjaar ook een van die top driedrukkers in die Carltonbeker liga was, is verlede week aangewys as die Carltonliga se Speler van die Jaar.
Hierdie toekenning van Bosman het die kroon gespan op ‘n aand van groot vreugde vir QBR, waarin hulle die sukses van hul eerste jaar as nuwe klub behoorlik kon vier.
QBR, wat einde 2016 tot stand gekom het met die samesmelting van Harlequins Rugby-klub en Pretoria Polisie (Bobbies) Rugby-klub, het vanjaar ook die Carltonbeker liga gewen, waarna hulle tot die halfeindrondte van die Gouebeker nasionale klubkampioenskap gevorder het.
QBR het by die toekenningsgeleentheid ook weggestap met die prys as Klub van die Jaar, terwyl Nico Luus en Gert Mulder gesamentlik aangewys is as die Afrigters van die Jaar in die Carltonliga.
Japie van der Ryst, jarelange spanbestuurder van Pretoria Polisie, wat ook by QBR se span betrokke was, het ‘n meriete toekenning ontvang vir sy jarelange toewyding aan klubrugby.
Net om die kersie op die koek te plaas van dié klub se droomjaar, is Harlequins se Jeugklub ook aangewys as Jeugklub van die Jaar.
Spelers, afrigters en administrateurs op alle vlakke van klub- en amateurrugby is by die funksie vereer. Ander toekennings sluit die volgende in:
* Opkomende klub van die jaar: Tuine Grizzlies
* Skeidsregter van die aar: Ansius Vermeulen
* Meriete toekenning vir toegewyde diens: Nelia Oosthuizen (BBRU)
* Vroue rugbyspeler van die jaar: Bianca Meyer (Tuks)
* Vroue 7’s speler van die jaar: Kemi Balecy (Tuks)
* Mans 7’s speler van die jaar: Ruan du Preez
* o/20 Afrigters van die Jaar: Charles Pelser en Thinus van Dyk (Centurion)
* o/20 Speler van die Jaar: Damian Esterhuizen (Centurion) en Ruan Grundling (Naka Bulle)
* o/21 Afrigters van die Jaar: Naas Rossouw en Morné Human (Naka Bulle)
* o.21 Speler van die Jaar: Juvan Stimie (Naka Bulle)
* Carlton B-liga Afrigter van die Jaar: Marius Scholtz en James Watt (TUT)
*Carlton B-liga Speler van die Jaar: Marcus Fortuin (Eersterust)
* Carlton C-liga Afrigter van die Jaar: Stiaan Johnson (Bronkhorstspruit)
* Carlton C-liga Speler van die Jaar: Henry Buitendach (Transnet Parke)
* Limpopo Bulle o.20 Speler van die Jaar: Rynhardt Fourie
* BBRU Plattelandspan Speler van die Jaar: Theo van Niekerk (Korrektiewe Dienste)
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:




























































