Local sportSchool sportSport

Montana wys hul krag op atletiekbaan

Hoërskool Montana het verlede week met top skole uit drie verskillende provinsies afgereken op die atletiekbaan.

Hoërskool Montana het reeds vroeg in die atletiekseisoen gewys dat hulle vanjaar weer ‘n faktor sal wees waarmee rekening gehou moet word op die atletiekbaan.

Montana het verlede week gasheer gespeel vir vier sterk atletiekskole vanoor die hele Gauteng, asook vanuit Noordwes en Limpopo. Uit Johannesburg was daar Randburg Hoërskool, uit die Oos-Rand het Hoërskool Hugenote deelgeneem, terwyl Hoërskool Lichtenburg uit Noordwes en Hoërskool Frikkie Meyer uit Limpopo gereis het om teen die res te kompeteer.

Twee baanrekords het tydens die byeenkoms in die slag gebly, terwyl verskeie skitterende prestasies aan die orde van die dag was.

Montana se beste atleet by die byeenkoms was hul SA kampioen hoogspring alteet, Jacques Oosthuizen. Hy het die hoogspring vir seuns onder 16 gewen met ‘n poging wat hom 929 punte op die bekende ABSA tabel in die sak gebring het.

Een van Montana se ander staatmakers, Carmie Prinsloo, was die beste miesies-atleet op die byeenkoms met haar oorwinnings in die 1500meter en 800meter vir miesies onder 16. Haar tyd van 4:43,00 in die 1500meter was ook ‘n baanrekord en dit was 916 punte op die AbSA tabel werd.

Ten spyte van die kwaliteit van die opposisie het Montana se atlete die byeenkoms maklik gewen en daarmnee gewys dat hulle vanjaar weer ‘n span het om mee rekening te hou by die komende A-bond Interhoër. Die Montie atlete het met 623 punte ‘n volle 158 punte voor hul naaste teenstander, Lichtenburg, geëindig.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button