Local sportSchool sportSport

Affies Uitnodigingsbyeenkoms lok top skole

Ten spyte van die feit dat die die Affies Uitnodigingsbyeenkoms oudergewoonte op ‘n grasbaan plaasgevind het, was skitterende prestasies weer aan die orde van die dag.

Wanneer atlete van hoërskole soos Afrikaans Hoër Seunskool (Affies), Afrikaans Hoër Meisieskool (AHMP), Waterkloof, Kempton Park, Nelspruit en Grey Kollege van Bloemfontein saam aan een atletiekbyeenkoms deelneem, kan dit seker nie anders dat die standaard van die atletiek besonder hoog sal wees nie.

Dít is presies wat Vrydagmiddag op die terrein van Afrikaans Hoër Seunskool gebeur het. Hierdie ses skole se atlete het gesorg vir kookwater atletiek tydens die Affies Uitnodigingsbyeenkoms.

Indien in ag geneem word dat die byeenkoms op ‘n grasbaan plaasgevind het, was sommige van die prestasies werklik merkwaardig.

Die beste prestasie van die byeenkoms is gelewer in die diskus item vir seuns onder 15, waar JJ Liebenberg van Grey Kollege en Carlo Brink van Affies in ‘n taai stryd gewikkel was. Albei het die diskus verder as 50 meter gegooi, maar Liebenberg was die uiteindelike wenner met ‘n skitterende afstand van 54.53 meter, wat 1147 punte op die bekende ABSA tabel werd is. Brink het self 1027 punte op die ABSA tabel verdien met sy poging van 50,93 meter.

Affies het die 100m naellope oorheers en drie van die skool se onder 19 atlete het die oë laat rek toe hulle adrie daarin geslaag het om ‘n tyd van minder as 11 sekondes in dié item te behaal. Dit is ‘n besondere prestasie op gras. Jason Scheepers (10,84 sekondes) het in die item afgereken met sy spanmaats Wynand Wessels (10,96 sekondes) en Christi le Roux (10,98 sekondes).

Le Roux het ‘n skitterende prestasie in die verspring behaal toe hy dié item vir seuns onder 19 met ‘n afstand van 7.51 meter gewen het. Dit was 1000 punte op die ABSA tabel werd.

In die verspring vir seuns onder 14 het drie junior seuns ook aandag getrek toe hulle almal meer as 1000 ABSA punte verdien het. Affies se Marx Nel het die item gewen met ‘n puik afstand van 6.09 meter (1131 punte) met Danilo May (5,95 meter en 1082 punte) van Grey Kollege op sy hakke en Tsakane Manganyi (5,73 meter en 1009 punte) van Affies in die derde plek.

Onder die meisies het Christelle Grobler van Kempton Park en Britnny Ritchie van AHMP die beste prestasie gelewer in die onder 16 gewigstoot item. Grobler was eerste met haar afstand van 14,64 meter (1117 ABSA punte), terwyl Ritchie die 3kg gewig 13,88 meter ver gestoot het vir 1027 punte.

AHMP se Nicole Siepker het die spiesgooi vir meisies onder 14 met ‘n puik afstand van 36,05 meter gewen. Dié poging was 1026 ABSA punte werd.

Zeney van der Walt, AHMP se junior wêreldkampioen, het die 100m hekkies met ‘n baie goeie tyd van 13,56 sekondes (983 punte) gewen, terwyl sy ook met ‘n tyd van 59.53 sekondes (968 punte) in die 400m hekkies onder haar eenstanders uitgenael het.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button