Local sportSchool sportSport

Prestasies by Klofies byeenkoms voorspel puik atletiek by Interhoër byeenkomste

Met skitterende prestasies in beide baan- en velditems het atlete by Waterkloof se Prestige byeenkoms gewys hulle is reg vir aksie wanneer die interhoër byeenkomste hierdie week aan die beurt kom.

Die Hoërskool Waterkloof het verlede week gasheer gespeel vir verskeie top atletiekskole tydens hul jaarlikse Waterkloof Prestige Atletiekbyeenkoms.

Weens die kwaliteit van die atletiek wat plaasgevind het by hierdie byeenkoms, was dit die ideale geleentheid vir al die skole om voor te berei vir die interhoër byeenkomste, wat in die volgende twee weke oral oor Suid-Afrika aangebied word.

Saam met die tuisskool was atlete van skole soos Afrikaans Hoër Seunskool (Affies), Afrikaans Hoër Meisieskool (AHMP), Hoërskool Kempton Park, Hoërskool Nelspruit, Glenwood High School (Durban), Wynberg Boys High (Wes-Kaap), Moria Privaatskool en die Zwartkop Christain School in aksie.

As sulke gerespekteerde skole deel is van ’n atletiekbyeenkoms is dit te wagte dat puik prestasies aan die orde van die dag sal wees. Die atelete het nie teleurgestel nie.

Hoewel die byeenkoms op ‘n grasbaan aangebied is, was daar merkwaardige prestasies in sommige baanitems. AHMP se ster atleet, Zeney van der Walt, het weer skoonskip gemaak deur die 400m hekkies, 100m hekkies én die gewone 400m wedloop almal met puik vertonings te wen. Haar tyd in die langer hekkies item van 59,14 (991 punte op die ABSA tabel) was uitstaande op die grasbaan.

Zander Maree van Waterkloof het die oog gevang met sy oorwinning in die 400 meter vir seuns onder 16. Sy tyd was 50,81 sekondes en hy het 900 ABSA punte verdien.

Vier meisies en drie seuns kon daarin slaag om meer as 1000 punte op die ABSA tabel tydens die byeenkoms te verdien. Soos te wagte was die meeste van hierdie vertonings in die diskus en gewigstoot items.

Joane Gerber van AHMP se 5,51 meter in die verspring vir meisies onder 15 het egter baie aandag getrek. Sy het 1016 ABSA punte verdien.

Kort op Gerber ge hakke was die prestasie van Waterkloof se hoogspring ster, Rita Bisschoff. Sy het dié item vir meisies onder 15 gewen met ‘n poging van 1,65 meter, wat 1011 ABSA punte werd was.

Die dag se beste prestasies is gelewer deur Christelle Grobler van Kempton Park in die gewigstoot vir meisies onder 16 en Carlo Brink van Affies in die diskus vir seuns onder 15. Grobler het die gewig 14,73 meter ver gestoot vir 1129 ABSA punte, terwyl Brink die werpskyf 53,95 meter ver geslinger het om 1125 ABSA punte te verdien.

Waterkloof bied ook op Vrydag 23 Februarie Pretoria se A-bond interhoër in die Pilditch stadion aan.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button