Local sportSchool sportSport

Oos-Moot kraai koning by B-bond interhoër

Hoërskool Oos-Moot sal in 2019 terug wees by Pretoria se A-bond atletiek interhoër, nadat hul atlete die B-boind byeenkoms Donderdag gewen het.

Die agt skole van Pretoria se B-bond interhoër het Donderdag in ideale koel weer in die Pilditch stadion gesorg vir vuurwarm atletiek

Drie skole het uit die suide (Centurion) gekom. Hulle is Midstream College, Sutherland High School en Hoërskool Eldoraigne. Nog drie het uit die ander uiterste van die stad, noord van die Magaliesberg gereis. Hulle is Hoërskool Akasia, Hoërskool Pretoria-Noord en Hoërskool Overkruin. Uit die Moot, tussen die noorde en die suide, het Hoërskool Wonderboom en Hoërskool Oos-Moot die getal volgemaak.

Dit was Pretoria-Noord se beurt om die byeenkoms aan te bied en dít het hulle baie goed gedoen. Die logistiek en tegniese aspekte rondom die byeenkoms het seepglad verloop, terwyl die atlete vertonings van ‘n baie hoë standaard opgelewer het.

Hoewel dit vroegoggend gelyk het of die byeenkoms in die weegskaal sou wees weens reënweer, het die dag uiteindelik sonder onderbrekings verloop. Die koel bewolkte weer wat voor middagete geheers het sou veral vir die middelafstand atlete ‘n groot verligting gewees het.

Oos-Moot, wat verlede jaar uit die A-bond gerelegeer is na die B-bond, sal volgende jaar weer ‘n kans kry om hul staal te wys teen Pretoria se top atletiekkragte, nadat hulle daarin kon slaag om stof in die oë te skop van hul sewe teenstanders by Donderdag se byeenkoms. Die Oosies het met ‘n puntetotaal van 2506 gewen.

Kort op Oos-Moot se hakke was Midstream College met 2370 punte, terwyl Eldoraigne die derde plek ingeneem het met 2304 punte.

In die vierde plek het Overkruin (2188) gevolg. Sutherland was vyfde (2008 punte), Akasia was sesde (1944 punte), Pretoria-Noord (1796 punte) het sewende geëindig en Wonderboom (1697 punte) se agtste plek beteken dat hulle volgende jaar met Hoërskool Brits plekke sal ruil nadat laasgenoemde die C-bond Dinsdag gewen het.

Die byeenkoms het ook gesorg vir skitterende indivuduele prestasies en verskeie atlete het meer as 1000 punte op die ABSA tabel verdien met hul tye afstande en hoogtes.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button