Local sportSchool sportSport

Menlo, Garsies begin Tuksreeks met goeie oorwinnings

Garsfontein en Menlopark het die Tuks Skolerugbyreeks albei met oorwinnings afgeskop.

Met die atletiekseisoen vir skole wat skaars iets van die verlede is, het die rugbyseisoen reeds met top aksie afgeskop.

Drie plaaslike skole sal vanjaar in aksie wees in die bekende Tuks Rugbyreeks, wat in die eerste deel van die seisoen afgehandel word en waaraan tien top skole uit Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes deelneem. Hoërskool Menlopark en Hoërskool Eldoraigne is saam in groep een van die toernooi, terwyl Hoërskool Garsfontein deel is van groep twee.

Garsfontein en Menlopark het albei hul veldtogte met goeie oorwinnings oor gevaarlike teenstanders afgeskop.  Eldoraigne was nie die afgelope naweek in aksie nie.

Garsfontein het die sogenaamde “Rooi Bulle” van HTS Middelburg op hul tuisveld in Pretoria die stryd aangesê en uiteindelik met 47-40 gewen. Soos ‘n mens reeds gewoond geraak het aan Garsfontein se rugby, het die wedstryd opwindende spel en heelwat drieë opgelewer.

Met skrumskakel Jurich Claassen aan die spits, het die Garsies die grootste deel van die wedstryd oorheers en halfpad deur die tweede helfte reeds met 47-19 voorgeloop.

Die seuns van Mpumalaga het egter ‘n reuse terugvegpoging van stapel gestuur en die gaping op die telbord aansienlik verklein in die laaste deel van die wedstryd.

* Menlopark moes op hul tuisveld hard veg om Hoërskool Rustenburg uiteindelik met 32-29 te klop.

Die Parkies het ses drieë gedruk, maar het dinge vir hulself bemoeilik toe Heinrich Boshoff slegs een drie kon verdoel.

Eerskomende naweek reis Menlopark na Nelspruit om verlede jaar se finalis, Hoërskool Nelspruit, te pak. Garsfontein speel weer tuis teen Kemptonpark. Eldoraigne sal teen Rustenburg op laasgenoemde se tuisveld in Noordwes speel.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button