Local sportSchool sportSport

Garrick Rees herhaal tweekuns by SA kampioenskap

Curro College Halzeldean se middelafstande ster-atleet het vanjaar weer twee titels by die SA skole kampioenskap ingepalm.

Nadat Garrick Rees verlede jaar as laerskoolseun nie sy gelyke gehad het in Suid-Afrika as middelafstand atleet nie, het hy vanjaar voor ‘n groot uitdaging gestaan om homself teen groter kompetisie as hoërskool atleet te bewys.

Dié jong ster van die Curro College Halzeldean het sy moeilike toets met vlieënde vaandels geslaag toe hy verlede week by die Nasionale Sekondêre Skolekampioenskap weer die titels in die 800 meter én die 1500 meter ingepalm het.

Rees se prestasie was soveel meer merkwaardig weens die feit dat hy as onder 14 atleet in die kategorie vir onder 15’s moes deelneem, aangesien dit die laagste ouderdomsgroep by die kampioenskap was.

In die proses het Rees ook persoonlike beste tye in die twee items opgestel. Hy het die 1500 meter wedloop gewen in 4:03 minute, terwyl sy wentyd in die 800 meter 1:56,80 minute was.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button