Local sportSchool sportSport

Gemengde sukses vir Pretoria skole by Noord/Suid toernooi

Menlopark het vanjaar se Noord/Suid skolerugby toernooi onoorwonne afgesluit, terwyl Waterkloof en Garsfontein gemengde sukses behaal het.

Die jaarlikse Barloworld Noord/Suid-toernooi, wat vanjaar op die velde van Hoërskool Menlopark aangebied is, het gemengde sukses opgelewer vir die drie plaaslike deelnemers.

Waterkloof, Menlopark en Garsfontein maak jaarliks beurte om gasheer te speel vir dié prestigeryke skolerugby toernooi. Dié drie skole het vanjaar saam met Dr. EG Jansen van Boksburg en Monument van Krugersdorp die noorde se eer verdedig teen vyf skole uit die Wes-Kaap, terwyl Grey Kollege van Bloemfontein op die tweede dag ook in aksie was as ‘n skool uit die suide.

Grey Kollege het Boland Landbou vervang, wat slegs op die eerste dag van die toernooi in askie was. Die Vrystaters se wedstryd teen Garsfontein het egter waarskynlik vir die beste rugby van die toernooi gesorg. Dit was slegs die tweede keer in die geskiedenis dat dié twee skole mekaar op die rugbyveld aandurf.

Op dag een van die toernooi het die Pretoria skole skoonskip gemaak toe Waterkloof vir Durbanville (22-17) geklop het, Garsfontein met Outeniqua (50-22) afgereken het en Menlopark baas was (42-20) teen Stellenberg.

Dit was ‘n goeie dag vir die noorde, aangesien Monument ook daarin geslaag het om Boland Landbou te klop (26-25), maar Paarl Gimnasium het die suide se naam hoog gehou met hul goeie oorwinning van 54-32 oor Dr. EG Jansen.

Op die tweede dag van die toernooi het Waterkloof en Garsfontein egter albei vasgeval teen die twee ster-skole van die toernooi. Waterkloof is met 57-20 verniel deur Paarl Gimnasium, terwyl Grey Kollege vir Garsfontein in die genoemde opwindende stryd met 43-31 geklop het.

Menlopark het die toernooi onoorwonne afgesluit met hul sege van 20-19 oor Outeniqua.

Monument was die ander onoorwonne span uit die noorde met hul oorwinning van 41-19 teen Stellenberg, terwyl Dr. EG Jansen mooi herstel het van hul pakslae teen Paarl Gimnasium toe hulle Durbanville met 43-28 geklop het.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button