Local sportSchool sportSport

Waterkloof se netbalfees vier tien suksesvolle jare

Die Barloworld Toyota Menlyn Klofie Netbalfees het vanjaar sy tiende bestaansjaar gevier.

Hoërskool Waterkloof se bekende en gewilde Barloworld Toyota Menlyn Klofie Netbalfees is verlede week vir die tiende agtereenvolgende jaar by dié skoiol aangebied.

Dié toernooi word aangebied as unieke konsep waarin die wenmotief nie belagrik is nie. Die spanne word so ver moontlik in ‘n krag-teen-krag basis in groepe ingedeel, wat die waarde van die toernooi vir besoekende spanne verhoog. Sodoende kan afrigters die toernooi baie goed gebruik ter voorbereiding vir die seisoen wat voorlê en vir hul verskillende ligas in hul tuisprovinsies.

Daar is ook geleenthede vir afrigters en netbal-organiseerders om tydens die toernooi by mekaar te leer en hul netwerke te versterk.

Vanjaar is daarin geslaag om sewe van die land se beste netbalskeidsregters (A-gegradeer) by die toernooi te berek. Hulle was deel van ‘n goed georganiseerde span skeidsregters wat die vier dae van aksie op Waterkloof se sportterrein moes beheer.

‘n Totaal van 144 netbalspanne het van oral oor Suid-Afrika na Pretoria opgeruk om aan die fees deel te neem. Dit beteken dat meer as 1000 spelers deel was van die aksie.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button