Local sportSchool sportSport

Eldoraigne klop hul bure in Virseker-bekertoernooi

Die Hoërskool Eldoraigne se eerste rugbyspan het die afgelope twee weke bewys dat hulle vanjaar weer die beste span in die Centurion gebied is.

Die Hoërskool Eldoraigne se eerste rugbyspan het die afgelope naweek vir die tweede agtereenvolgende week ‘n Centurion-derby teen een van hul buurskole gewen toe hulle Hoërskool Zwartkop met 37-24 verslaan het.

Dié wedstryd was ‘n bepaling in die Skild-afdeling van die Virseker-bekertoernooi. Dit is terselfdertyd ook gespeel onder die vaandel van ENB se Classic Clash wedstryde vir hoërskoolspanne.

Eldoraigne se groot held in die wedstryd was Hilton Olivier (foto). Hy het een van die span se vier drieë gedruk, terwyl hy ook agt punte met sy akkurate skopvoet aangeteken het.

Eldoraigne het verlede week ook met Hoërskool Centurion in dieselfde afdeling van die Virseker-bekertoernooi afgereken deur hulle met 51-20 kaf te draf.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button