Local sportSport

Dis weer tyd vir die Garsfontein Icebreaker wedloop

Padatlete wat nie bang is vir ‘n bietjie koue nie kan eerskomende Saterdag weer aantree vir die bekende Garsfontein Ice Breaker padwedloop.

Die bekende Garsfontein Ice Breaker wedloop wat sedert 2008 jaarliks ‘n mid-winter instelling vir padatlete in Gauteng geword het, word weer eerskomende naweek op 7 Julie aangebied.

Die wedloop, wat deur die Wingate Road Runners en die NG Kerk Garsfontein aangebied word, behels ‘n 21km halfmarathon en ‘n 10km wedloop, asook ‘n 5 km pretloop.  Die Garsfontein Ice Breaker is hierdie jaar ‘n liga wedloop waar atlete van klubs van Noord-Gauteng punte vir hul klubs kan verdien.

Met die gewildheid van die wedloop wat jaarliks vergroot word ‘n groot opkoms vanjaar verwag.

Die wedloop vind deur die strate van Garsfontein plaas en die wegspring en einde is by die sportgronde van die Laerskool Garsfontein.

Vooraf inskrywings kan gedoen word by www.enteronline.co.za, by die Garsfontein NG Kerk in Emmie Hartmannstraat 285, by Runaway-Sport se winkels, asook die oggend van die wedloop vanaf 05:30 by Garsfontein Laerskool se sportgronde.

Wegspringtye is 06:30 vir die stappers in die 21km en 10km wedlope en 07:00 vir die hardlopers. Die pretdraf se wegspringtyd is om 07:15.

Navrae kan gerig word aan Mike by 083-414-5938, Claude by 083-564-3630 of Natascha by 071-688-8024.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button