Local sportSport

Bloubul ondersteuners opgewonde oor spelers se besoek aan Centurion Rugbyklub

Centurion Rugbyklub kom op 11 Julie aan die beurt vir ‘n besoek van die Blou Bulle se spelers en afrigters, wat deel uitmaak van ‘n interaksie inisiatief van die Blou Bulle Rugby-unie.

Kort na die verkiesing van die Blou Bulle Rugby-unie se nuwe president, Willem Strauss, het hy begin met ‘n aantal inisiatiewe om die amateur- en professionele sektore van rugby nader aan mekaar te bring.

Een van Strauss se eerste inisiatiewe was om te reël dat ‘n groep professionele spelers van die Bulls en die Blou Bulle saam met hul afrigters ‘n paar klubs besoek om interaksie tussen die gewone rugbypubliek en dié professionele manne te bewerk.

Hierdie inisiatief is reeds suksesvol toegepas by die Tuine Sportklub in die weste van Pretoria, asook by Noordelikes aan die anderkant van die Magaliesberg.

Op Woensdag 11 Julie kom Centurion Rugbyklub aan die beurt om ‘n besoek te ontvang van ‘n groep Bulls- en Bloubul spelers en bestuurslede.

Die Bulls se professionele afrigters en die spelers wat die klub gaan besoek sal op dié dag ‘n rugbykliniek aanbied vir die Centurion jeugklub se spelers. Alle jong spelers van Centurion en ondersteuners van die Blou Bulle is egter welkom om die geleenheid by te woon.

Daar sal ook ná die oefening geleentheid wees om spelers se handtekeninge te werf en om foto’s saam met die Bloubul helde te neem.

Die oefening sal om 16:00 begin en duur tot 18:00, waarna die spelers beskikbaar sal wees vir handtekeninge en foto’s. Toegang tot die klub sal gratis wees en alle belangstellendes word genooi om hul Bloubul helde te kom ontmoet.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button